65 in hof ná Noordwes-geweld

hof-hamer

Argieffoto.

Altesaam 65 verdagtes het Maandag in onderskeidelik die Klerksdorp- en Mmabatho-landdroshowe voorgekom in verband met die onlangse gewelddadige betogings in Noordwes op aanklagte van besit van gesteelde goedere en sakeroof.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê 56 van die verdagtes het in die Klerksdorp-landdroshof verskyn ná hulle verlede week in Jouberton in Klerksdorp vasgetrek is.

“Elkeen is op borgtog van R300 elk vrygelaat en sal weer op 30 Mei voor die hof verskyn,” het Mokgwabone gesê.

Die ander nege beskuldigdes, tussen 18 en 48 jaar oud, het in die Mmabatho-landdroshof verskyn ná hulle die afgelope naweek in die Mmabatho- en Lomanyaneng-polisiëringsgebied vasgetrek is. “Hulle is in hegtenis geneem ná inligting wat aan die polisie verskaf is oor die besit van vermoedelik gesteelde goedere.”

Mokgwabone het gesê goedere soos bou- en loodgietermateriaal sowel as kruideniersware wat uit ʼn plaaslike hardeware-onderneming en snoepwinkels geplunder is, is in die verdagtes se wonings aangetref.

“Een van die beskuldigdes het R300 borgtog ontvang en sal 28 Mei weer in die hof verskyn. Die ander agt sal in aanhouding bly tot 10 Mei.”

Die polisie is volgens Mokgwabone steeds sterk teenwoordig in die provinsie sedert 27 April om die situasie heeltemal te bestendig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alida ·

Asof hulle bang is vir die howe! Die regstelsel deesdae is n joke!

marous ·

Sakeroof en jy kry R300 borg ? O ja , want die regering se top amptenare kan biljoene van die belasting betaler plunder en kom niks oor nie.

Belaglik ·

Whaaaaaaaaaaa en BINNEKORT word hulle weer op ‘n waarskuwing vrygelaat!! DINK JULLE ONS VERTROU DIE REGSTELSEL IN SA??? Doodskis 2, Vicky Momberg versus die Tuks student sowel as die Generaal wat witmense se oe wil uitsteek. DINK JULLE REGTIG ons BLANKES glo nog in ‘n REGVERDIGE REGSTELSEL en REGVERDIGE VERHOOR??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.