66 Covid19-gevalle, 4 sterftes by een hospitaal

St Augustine-hospitaal in in Glenwood, Durban. (Foto: Doctor Ngcobo/African News Agency/ANA)

Netcare het Woensdag gesê die bekende epidemioloog Salim Abdool Karim sal ʼn span kenners lei om ondersoek in te stel hoekom 66 gevalle van Covid-19 by St Augustine-hospitaal in Durban bevestig is met vier sterfgevalle weens die virus.

“Die Netcare-span werk nou saam met prof. Karim, ʼn spesiale raadgewer aan die minister van gesondheid, en ʼn span van die Universiteit van KwaZulu-Natal wat in epidemiologie en aansteeklike siektes spesialiseer, om die onderliggende oorsaak en aard van dié uitbreking volledig te ondersoek,” het Richard Friedland, uitvoerende hoof van die Netcare-groep, gesê.

Die departement van gesondheid het Woensdag gesê die getal besmettings by die hospitaal staan tans op 66, waarvan 48 personeellede is. ʼn Woordvoerder van die departement het gesê die departement het “ʼn idee” hoe die infeksie deur die hospitaal versprei het, maar laat dit aan Netcare oor om ʼn uitspraak te maak.

Friedman het in sy verklaring eenvoudig gesê die besmetting het begin as gevolg van twee pasiënte wat vir ander mediese redes in die hospitaal opgeneem is en aanvanklik nie enige simptome gehad het nie, en ook nie ʼn geskiedenis dat hulle iewers heen gereis het nie. Hulle het egter later positief getoets vir die virus.

Hy ontken dat personeellede sonder behoorlike beskermende mediese toerusting gewerk het.

“Geen Netcare-fasiliteit sal ooit van personeellede verwag om sonder die nodige beskerming te werk nie,” het hy benadruk. “Ons beleid sluit die dra van gesigmaskers in tydens die Covid-19-pandemie wat trouens meer konserwatief is as die huidige aanbevelings en riglyne van twee gerespekteerde gesondheidsorganisasies, naamlik die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).”

Hy het benadruk die nuwe koronavirus is “kwaadaardig en hoogs aansteeklik”, maar dat die maatskappy vol vertroue is dat hy die verspreiding van die uitbreking sal beheer met die riglyne wat ingestel is.

Altesaam 1 982 persone werk op die hospitaal se perseel en meer as die helfte van hulle is vir die virus getoets.

“Tot dusver het 504 persone negatief getoets en ons wag vir die uitslag van nog 318 persone. Die uitslae word daagliks bekend gemaak aan die hoof van die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid se Covid-19-taakspan.”

Netcare kontak ook alle pasiënte wat vanaf 1 Maart by die hospitaal behandeling ontvang het om te bepaal of hulle getoets moet word.

“Persone wat Netcare St Augustine-hospitaal besoek het of sedert 1 Maart 2020 in die hospitaal was, word versoek om ons te kontak by 0800 111 266 as hulle nog nie enigiets van die hospitaal gehoor het nie.”

Friedman het gesê hy aanvaar ten volle die kommer wat betref die situasie by die hospitaal en wil alle personeel, pasiënte en die breër gemeenskap gerus stel dat alle moontlike hulpbronne aangewend word om die uitbreking te beheer.

“Al die bevindings van die omvattende ondersoek sal ten volle geassesseer word en gebruik word om bestaande prosesse en protokol te verbeter en te versterk. Dit sal met die res van die Netcare-groep gedeel word en met alle betrokkenes en belanghebbendes.”

Karim is ʼn spesiale raadgewer aan gesondheidsminister Zweli Mkhize. Suid-Afrika het tot dusver 13 sterftes aangemeld as gevolg van Covid-19. Sewe van die sterfgevalle was in KwaZulu-Natal.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Strandloper

Sjoe dit is scary. Ons gebede is met julle.

Jaco

Dis nou wel ‘n privaat hospitaal waar opleiding en ondervinding seker meer tel as by ‘n staatshospitaal, maar regstellende aksie wat VERAL gaan oor NET die regte velkleur, moet nog steeds toegepas word. So hierdie toename in Covid-19 gevalle en Covid-19 sterftes by dié privaat hospitaal verbaas my nie.

Anel

So ‘n hele hospitaal word toe gemaak omrede 4 mense daar sterf. Die mense is hospitaal toe vir behandeling agv ander siektes. Hulle het nie die virus gehad nie. Nou is hulle eweskielik dood daaraan. Net soos die ander mense in ander dele van die land. Almal het ander siektes gehad en nou is hulle eweskielik dood aan die virus. Hoeveel is werklik agv die virus wel opgeneem en het gesterf. Soos ek al gesê het, hulle is besig om die see onder die eend uit te ruk. Mense gaan maar eerder by die huis bly as om te kla… Lees meer »

Anon

Die antwoord is doodeenvoudig, let op na die onhigiëniese toestande van vele (nie alle) Netcare fasiliteite.

marius

Dommino effek wat kom .