66-jarige vlieërplankryer sterf

Argieffoto: photography.nationalgeographic.com

Argieffoto: photography.nationalgeographic.com

ʼn 66-jarige man is Dinsdag in Port Alfred in die Oos-Kaap dood nadat hy ineengestort het terwyl hy saam met sy seun vlieërbranderplank gery het.

Craig Lambinon, ʼn woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het Woensdag gesê die voorval het omstreeks 17:00 by die dorp se oostelike strand plaasgevind.

“Na wat verneem word, het die man in die see sy bewussyn verloor weens ʼn onbekende mediese toestand,” het Lambinon gesê. “Hy is na die strand gebring en het nie asem gehaal of ʼn pols gehad nie. Omstanders het dadelik begin om kardio­­-pulminêre resussitasie (KPR) op hom toe te pas totdat paramedici van die NSRI op die toneel opgedaag en by hulle oorgeneem het.”

Die man is na die dorp se hospitaal geneem waar gevorderde KPR toegepas is, maar hy is daar deur dokters dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.