66 kinders beseer toe bus omslaan

Die bus. Foto: Verskaf.

Minstens 66 kinders is beseer toe die bus waarin hulle gereis het Donderdagoggend op die R51-Balfourweg in Midvaal omgeslaan het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici saam met ander nooddienste by die toneel opgedaag en die bus op sy dak aan die kant van die pad aangetref.

“Verskeie kinders het reeds uit die bus geklim en op die toneel rondgeloop,” het Meiring gesê.

Paramedici het ’n spesiale gebied afgebaken waar die beseerdes ondersoek en behandel kon word.

“Altesaam 66 kinders, tussen vyf en tien jaar oud, het geringe tot matige beserings opgedoen. Gelukkig is geen ernstige of noodlottige beserings opgedoen nie,” het Meiring gesê.

Die leerders is na verskeie hospitale vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Loo ·

Kom ons kyk of die drywer ooit mag bestuur, en of die bus ooit op die pad mag wees, en as nie, poging tot moord vir die drywer en maatskapy, kinder mishandeling!

Netso ·

Ek bly daar! Hulle ry daai grondpad by ons dat jy ys! Kry die een bus sonder brandstof vra waars jou lisensie, waars die bus se lisensie? Midvaal verkeer is nou nog oppad! Kry vir julle!

Ouma ·

Dit is louter genade! Dit kon ‘n tragedie gewees het. Ons is baie dankbaar saam met hulle families daaroor.

Isabel ·

Liewe genade… amper elke dag lees ons van n bus of taxi of bakkie wat kinders vervoer wat bots en omslaan.. wat gaan aan.. as hulle so aangaan dan gaan ons een van die dae nie meer kinsders oorhe nie…

johann ·

Lisensies word gekoop……en daai drywer was seker besig om candy crush op sy foon te speel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.