67 Pakistani’s by OR Tambo voorgekeer

(Foto: Phill Magakoe/AFP)

Altesaam 67 Pakistani’s is Sondag in die vroeë oggendure verhoed om die land binne te kom toe hulle nie aan die immigrasiewette van die land voldoen het nie.

“Hulle het nie die immigrasietoets, wat vrae insluit soos hoe lank hulle volgens hul visums in die land mag aanbly, geslaag nie,” sê Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake. “Hulle is na Pakistan teruggestuur – op hul eie onkoste.”

Dit is die gevolg van ʼn operasie wat van stapel gestuur is toe sekere verdagte neigings opgemerk is.

“Hulle is deur doeanebeamptes ondervra. Hulle is gevra waarheen hulle op pad is en waarom hulle in Suid-Afrika is. Hulle is gevra waar hulle gaan bly, aangesien dit hulle eerste besoek aan die land is. Hulle het teenstrydige inligting verskaf, soos die name van hotelle wat nie bestaan nie en die name van vermeende familielede – van wie sommige nie bestaan nie,” het die minister bygevoeg.

Die 67 Pakistani’s met twyfelagtige visums was deel van ʼn vlug van 268 passasiers wat uit Dubai in Suid-Afrika aangekom het. ʼn Span wat bestaan uit lede van die departement van binnelandse sake se teenkorrupsie-eenheid, die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), die Staatsveiligheidsagentskap en grensbestuurowerheid is aangestel om die operasie uit te voer.

“Hierdie mense wou na Suid-Afrika toe kom, maar kon nie verduidelik waarheen hulle op pad is of waarom hulle hier is nie. Daar is geen ander manier nie: hulle moet na hul land van herkoms terugkeer. Ons kan nie sulke mense toelaat om die land binne te kom nie,” het Motsoaledi gesê.

Volgens die minister het sommige hotelle gekla dat daar ʼn toename is in Pakistani’s wat akkommodasie bespreek, maar nooit opdaag nie. “Dit beteken dat die hotelle geld verloor met hierdie twyfelagtige besprekings, en ook op moontlike besoekers wat nie ʼn bespreking kon maak nie, omdat die hotel glo volbespreek sou wees.”

Hy het gesê die departement sal meer waaksaam wees as ooit tevore.

“Ons is uiters besorg oor hierdie nuwe neiging en ons het opgemerk dat die nuwe eVisa-stelsel, wat ten doel het om toegang tot die land makliker te maak vir toeriste, misbruik word deur sommige landsburgers. Ons sal dit nooit toelaat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Hanri ·

Bietjie min, bietjie laat. Wat van die wat nou alreeds hier is en ons plattelandse klein dorpies se klein sakeondernemings se wins inpalm?

Realis Thailand ·

Die mense moet maar leer om te leef met kompetisie waar dit ookal is
My vrou het n restaurant hie geopen en n week daarna het iemand n restaurant reg langs haar geopen en sy moes dit net eenvoudig aanvaar

Ryan ·

Baie goeie punt. Inwoners behoort elkeen van hierdie onwettige winkels te identifiseer met fotos, ligging, ens en dit dan aan Aaron Moatseledi te stuur. Sluit sommer afskrifte in aan koerante, radio en tv stasies.

Bolandse Nooi ·

Is dit maar al? Net 20 miljoen? Wel, dis dan maar net so skuins onder die 40% van al die mense in die land. Nie té veel nie ………… die ANC sal nog so bietjie moet invoer om 2024 se verkiesing te bekook.

Realis Thailand ·

Waarom gaa ndie beamptes nie na die Limpopo grens en keer almal daar voor wie so oor die grens stroom sonder paspoorte, sonder werk en kom teer op die belasting betaler met vals ID’s verkry van Binnelandse sake.
Die Pakistanis werk darem en ek glo almal maak winkels oop tot voordeel van die land en die mense.
Hoeveel keer lees jy van hulle wie misdaad pleeg,vernaamlik gewelds misdaad

Bolandse Nooi ·

Ek dink nogal jy het ‘n punt beet. Die Paki’s (en Indiërs) kom immers hier heen met die doel om ‘n LEWE vir HULSELF te skep … hulle raak ekonomies aktief en dra by tot die land se BBP. Die spulletjie uit Noord-Afrika, kom net hierheen om te kom skep. Hulle kry ‘n 6-maande visum, maak ‘n paar kleintjies by ‘n SA-vrou (of VROUE) en om dan ‘papgeld te betaal’ doen hulle aansoek om genaturaliseer te word … tjop-tjop, en hulle is in die land van Melk en Heuning.

Stofdonkie ·

Jy mag die land binnestap, net nie binnekom met ‘n vliegtuig nie.

Lillian ·

Too little too late, Ons land wemel van ongedokumenteerdes, pakistanis bly sommer agter in die winkel waar hul werk, ek gaan hope gaan uitwys en julle polisielede is bewus daarvan want hul kry gratis koeldranke

Wondermaarnet ·

Mooi so. Nou moet die Somaliërs, Zimbabwiërs en Nigeriërs ook strenger beheer en gekeur word.

Di ·

O nee dit sal nie gebeur hier nie! Volgens Malema is ALMAL welkom, veral sy boeties

Bolandse Nooi ·

Ha-ha-ha!!! Ag liewe, Wondermaarnet … jy vergeet!!!! 2024 is verkiesingsjaar … die ANC moet sorg dat daar “voters” is. Voer hulle in vanuit Noord-Afrika!

ES ·

Goeie werk! Ongelukkig kom burgers van Nigerie, Mosambiek, Malawi ens. sonder probleme oor die grens…

Mnr De Beer ·

67 Pakistani’s is maar n druppel in die emmer teenoor die honderd duisende wat onwettig in die land werk en woon.

Raadsman ·

Dis nie veronderstel om eers nuus te wees nie, maar a g v die miljoene wat oor laaste 25 jaar ingestroom het skrik die ANC nou eers wakker en begin hul nou eers om hul werk te doen. Dit gaan ‘n klopjag van jare wees om die res uit te kry en dan gaan hul weer terug kom.

Di ·

ALMAL is mos welkom hier volgens Malema, hulle diskrimineer mos nou om nie hierdie spul toe te laat nie

Johan Botha ·

Een van die dae is daar nie meer ‘Suid Afrika” maar Chinafrika

John ·

Stuur hulle terug voordat Julle ook met Miljoene sit soos die geval met Engeland.

Mariana ·

Moet seker sê wel gedaan, maar duisende kom steeds land binne oor grense waar beheer swak is. Sal nooit die insypeling kan keer nie, maar 67 is seker beter as niks.

Niklaas ·

Hul sal weer kom . Aanhoudend . Maar hul gaan voortaan slimmer wees en alle antwoorde reg hê .

Dieter ·

Dis dubbele standaarde, Lesotho, Mosambiek , Swazi en Zim burgers kom daagliks by ons land in met geen heenkome nie.

Bolandse Nooi ·

Hmmm …. Hoekom wonder ek nou of die SVA, grensbestuurowerhede, die Valke … almal wat hier so fluks aan’t werk was om die Paki’s uit die land te hou, dieselfde doen met hul rasgenote uit Nigerië, Malawië, DRK, Zimbabwe, Mosambiek, die Sudan e.d.m.? Want, as dit die geval is, waarom is daar so baie van laasgenoemde in die land?

Anna ·

Hulle stroom na Suid-Afrika en ander lande omdat hulle nie hou van die omstandighede in hulle land wat hulle self skep nie. Oorbevolking, irrasionele wette ens.

Hulle stroom ook hierheen om ryk te word uit misdaad omdat hulle hoor polisiëring is so swak .

En laat ek raai? Was dit almal mans?

Praat maar met mense wat in plakkerskampe woon en hulle sal jou vertel hoe gaan hierdie Pakistanis te werk. Maak ‘n winkeltjie oop, lok kinders wat hulle omkoop met kos en lekkernye om dwelms te versprei.

Suid Afrikaners moes lankal wakker geskrik het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.