68 ernstig beseer toe twee busse bots

Argieffoto. Foto: Netcare911

Argieffoto. Foto: Netcare911

Altesaam 68 mense is ernstig beseer nadat twee busse Donderdagoggend op die N1-snelweg buite Bloemfontein gebots het.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk omstreeks 07:00 sowat 35km buite die stad plaasgevind.

“Een bus het van agter af in die ander bus vasgery,” het sy gesê. “Die 68 mense het ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na verskeie nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling en waarneming.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Hoekom toetshulle nie die mense vir alkol of blind bestuur kan hulle afstande skat waar kry hulle hul bestuurders lisensies gekoop gaan in daarop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.