68-jarige dood op kleinhoewe aangetref

(Argieffoto bloot ter illustrasie: Kent Williamson)

Die bebloede liggaam van ʼn 68-jarige vrou is Maandagoggend omstreeks 04:00 in haar huis op ʼn kleinhoewe in Cromdale, Mbombela, ontdek. ʼn 25-jarige man word nou in verband met Susan Kilmister se dood ondervra, hoewel geen amptelike klag al aanhangig gemaak is nie.

Albert Gryvenstein van die organisasie Bossies Community Justice sê dit is in dié stadium nog onduidelik hoe sy dood is. Hy sê daar was wel bloed op die toneel toe hy in die vroeë oggendure na die kleinhoewe ontbied is. Dis nie duidelik wie die voorval aangemeld het nie.

“Ek is na die toneel om te kyk of daar ʼn aanval of inbraak was. Toe ek by die voordeur inkom kon ek by haar [Kilmister se] slaapkamer insien. Ek kon van die manier waarop sy gelê het sien iets is nie pluis en het die nooddienste en polisie ontbied.”

Gryvenstein sê die omstandighede rondom die voorval moet nog bevestig word, maar dit lyk nie of enigiets uit die huis gesteel is nie.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gerig en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Androclus ·

Dis nie duidelik wie die voorval aangemeld het nie.
Iets klink nie lekker nie/

Papsak ·

Hulle is stryd flippen gemors kan net moor brand en verwoes sover as wat hulle gaan

Retha ·

Ek is moedeloos gelees van my volk wat so genadeloos uitgemoor word!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.