Altesaam 68 persone, insluitend vier bemanningslede, is Vrydagmiddag van ʼn Robbeneiland-veerboot in Kaapstad gered.
ʼn Noodoproep is omstreeks 14:20 gemaak toe water by die passasierveerboot Thandi ingelek het, het Quentin Botha, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Tafelbaai, gesê.
Verskeie reddingsvaartuie asook die duikspan van Kaapstad se brand- en reddingseenheid, die polisie se duikeenheid, ER24- en Netcare 911-ambulansdienste het op die oproep reageer. Die AMS/EMS Skymed-reddingshelikopter, ASR (Air Sea Rescue) en ʼn Oryx-helikopter van die Lugmag was op bystand.
Botha het verduidelik ʼn gesamentlike bedryfsentrum is by die Transnet-haweowerheid opgestel en reddingsvaartuie is van die NSRI-Tafelbaai se reddingsbasis bestuur.
“Die veerboot het water ingeneem en het na een kant oorgehel,” het Botha verduidelik. Dit is nog nie duidelik waarom water in die veerboot ingelek het nie. “Van die passasiers was in reddingsbote en die oorblywende bemanning en passasiers het op die dek van die veerboot gestaan toe reddingspanne by hulle opgedaag het.”
Die passasiers en bemanning is deur die NSRI van die veerboot en reddingsbote na die hawe in Tafelbaai gebring waar paramedici hulle assesseer het. “Slegs ʼn paar persone is vir ligte verkluiming behandel.”
Een vrou is in ʼn stabiele toestand met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem nadat sy van rugpyn gekla het.
Die Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) is in kennis gestel van die voorval en die organisasie stel ondersoek in.
Ja nee. Genoeg is genoeg
Lees op ander media die boot het water ingeneem agv n “tegniese” probleem. Daar kon nie eens bepaal word op die telling hoeveel mense aanboord was nie 1 was vermis maar hul kon nie met sekerheid se nie , soos gewoonlik geen beplanning of beheer nie. Lyk of die boot nie seewaardig is nie. Die seedeininh was hoog met n sterk wind en daar gaan die kader boot gly gly heh heh
Was daar nie ‘n vorige insident in 2015 toe die veerboot verdwaal het op pad eiland toe, en dit gebleik het dat die skipper ‘n voormalige huishoudelike skoonmaker was met twyfelagtige kwalifikasies? Dalk selfde skipper?
Die woord is geblyk
Is daar enigiets in die Nuwe Suid-Afrika wat nie aan’t sink is nie?
Die boot kan net water inneem as daar ‘n gat in die romp is, rowwe see of oorbelading. Dalk was die skipper ‘n voormalige taxi drywer
Hoe op dees aarde pas daar so baie mense op so n klein bootjie!!!????