7 dood in 2 Oos-Kaapse ongelukke

Die ongelukstoneel tussen Willowmore en Aberdeen. (Foto: Verskaf)

Altesaam sewe mense het vanoggend in twee onderskeie motorongelukke in die Oos-Kaap omgekom.

Unathi Binqose, provinsiale woordvoerder van die departement van vervoer, het gesê vier familielede is omstreeks 06:30 op die N9 tussen Willowmore en Aberdeen dood nadat die bestuurder van ʼn Kia beheer oor dié motor verloor en die motor omgeslaan het.

Die oorledenes sluit ʼn vrou, twee mans en ʼn kind in.

Twee ander insittendes, ʼn man en ʼn vrou, het kritieke beserings in die voorval opgedoen en is na ʼn hospitaal in Willowmore gehaas vir mediese behandeling.

Volgens Binqose was die insittendes vanaf George na Pearston onderweg toe die voorval plaasgevind het. Daar word in dié stadium beweer dat spoed tot die ongeluk bygedra het.

Die ongelukstoneel tussen Willowmore en Aberdeen. (Foto: Verskaf)

Die Willowmore-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Drie mense is kort daarna in ʼn soortgelyke motorongeluk in Grahamstad dood nadat die bestuurder van ʼn Toyota Avanza óók beheer oor die motor verloor en die motor omgeslaan het.

Binqose sê die voorval het omstreeks 07:00 op die N2 plaasgevind. Agt insittendes, vermoedelik ook familie van mekaar, was onderweg na ʼn begrafnis in Peddie.

Vier insittendes het kritieke beserings in dié ongeluk opgedoen en is na die Nompumelelo-hospitaal gehaas vir mediese behandeling. Die bestuurder is ongedeerd.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Marianne ·

SPOED VRATE SAAI VERWOESTING EN HARTSEER OP ONS PAAIE….
Mense ek maan julle ASSEBLIEF – ry eerder 30min vroeèr as beplan en wees geduldig op die pad, as wat julle nie jul eind bestemmings bereik nie.

Cherokee ·

Marianne, jy kan staat maak op invoegsels van Kia-eienaars wat voorgee vinnige motors te ry en jou vertel hoe spoed georiënteerd ‘nuwe motors’ is. Daardie skrywes is gewoonlik deur mense wat wens vinnige motors te besit en voorgee BMW-Batman (of so iets) te ry. En hulle gaan jou vertel in watter ‘enkele sekondes’ daardie superman motors tot stilstand gebring kan word. Hulle is egter te stadig om uit te werk hoeveel meters daardie ‘super karre’ in daardie enkele meters steeds aflê.

Pitbul ·

As ek reg gelees het was daar 6 in die Kia… Klink heel te mal te veel lewens in een karretjie..

Wielspore ·

Dit was twee verskillende ongelukke, die totale sterftes vir altwee ongelukke was 7.

Vonnie ·

Dis duidelik nie n picanto gewees nie. Jy kry groter kia’s ook. Steeds tragies.

Cobus Panther ·

Het gisteraand by n stop ry tussen Rouxville en Smithfield agter VW Polo gestaan toe die bestuurder en sy passasiers uitklim en langs die kar staan en drink wyl ons wag vir die robot on te ry….was so 20H00 gewees…geen wonder die ongelukke gedy..geen verkeersbeamptes….werk dalk net dagskof….

Mari ·

Spoed en roekeloos bestuur met luukse karre is die oorsaak van ongelukke. Vanmiddag op die hoek van Geyser en Ruiterweg in Mokopane het ‘n man in ‘n wit viertrek voertuig die stop straat ignoreer en sommer sonder om spoed te verminder reguit aan gery. Dalk kan hy nie lees nie dat hy moes gestop het , maar hy moet vir hom en sy vrou ‘n begrafnis en lewenspolis uitneem . Verkeers polisie hou van die koelte bome by die Gereformeerde kerk.

Kolskoot ·

Spoed is die oorsaak van alle ongeluke weet julle dit nou nog nie .
Vrou koop n motor maar manlief moet die motor uit die erf in die pad trek kan nie eens ordendlik koppelaar beheer toepas nie en da bestuur die mense op die pad weet nie eens wat om te doen as n band bars nie trap seker die rem meeste bestuurders is totaal onkundig en onbekwaam so maklik om hulle op die pad uiteken so bang om n vragmotor verby te gaan so onseker van hulself maar spoed is die hoofoorsaak skrikwakker as jy in die land kan parkeer het jy jou lisensie walla gereed vir die hoofweg

Stephanie Tredoux Malian ·

Aan al die kundiges wat reeds kommentaar gelewer het, julle het duidelik langs die pad gestaan. Dis eintlik so hartseer as mense se lewens so klein is dat hulle so grof veralgemeen.

Koos de Meyer. ·

Die spoedbord op die foto sê 80km per uur. Spoed en weereens spoed, hy het beheer verloor.

Spoed ·

Solank spoed jou blind maak sal die probleem nie opgelos word nie

chrisjan ·

Die probleem le by die feit dat 95% van motoriste op ons paaie NIE sy voertuig bevoeg genoeg kan bestuur teen huidige spoedperke nie wat te nog se as hy vinniger as die spoed perk sou ry nie. Maar wag AATRO gaan tot ons redding kom!ha-ha!

Rita ·

Totdat daar nie ontslae geraak word van al die korrupte verkeersbeamptes, sal die slagting op ons paaie voortgaan. Weet dit gaan nie oornag gebeur nie, maar ek hoop dat daar swaar straf vir korrupte verkeersbeamptes in plek gestel sal word.

Oom Jaco ·

Grahamstad? Waar is dit? Ek dog die naam het verander…

Anoniem ·

Ek ry twee voertuie n volvo xc60 en n vw polo en altwee se lisensie skyfie se 5 insittendes, en ek se dit weer dit is tyd dat die verkeers owerhede optree en hul werk begin doen wat hul veronderstel is om te doen. Mr traffic cop stop your bribery and start doing your job as you have blood on your hands for every bribe you have taken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.