7 dood in gru-ongeluk op N4

Foto: Verskaf

Sewe mense is dood en talle beseer nadat drie voertuie Woensdagoggend op die N4 by Middelburg in ʼn botsing betrokke was.

Die botsing het tussen Van Dyksdriftpad en Samora Machel-straat plaasgevind, het Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, gesê.

“Ons paramedici was omstreeks 6:00 op die toneel en het die drie voertuie en talle mense in die pad aangetref. Sewe mense het noodlottige beserings opgedoen en talle ander is beseer.”

Van Huyssteen het gesê ER24 het twee pasiënte na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling terwyl ander ambulansdienste ook pasiënte vervoer het.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

chrisjan ·

AARTO se implimentering vat te lank!Die slagting duur net voort.

Robert ·

Ek is bevrees aarto gaan dit nie voorkom nie, Mense se houding is verkeerd. Hoop ek is verkeerd……

Bekommerd ·

AARTO gaan slegs die korrupsie verhoog, definitief nie ongelukke verminder nie. Mense is treurige bestuurders en ken nie die padreëls nie.

Sani ·

Daar is baie mense wat hul bestuurslisensies onwettig bekom en meer as wat ons dink op die paaie wat so hul bestuurslisensie gekry het , Ek dink dit is die eintlike rede vir soveel streftes op ons paaie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.