7 in hof oor VBS-bankskandaal

VBS Mutual Bank

Die sewe mans wat vroeër vandeesweek in hegtenis geneem is vir hul aandeel in die VBS-bankskandaal het Donderdag in die Palm Ridge-streekhof in Johannesburg verskyn waar borgtog van R100 000 aan elkeen toegestaan is.

Die verdagtes is die voormalige VBS-voorsitter Tshifhiwa Matodzi, VBS- uitvoerende hoof Andile Ramavhunga, VBS-tesourier Phophi Mukhodobwane, voormalige direksielede van die VBS en verteenwoordigers van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) Ernest Nesane en Paul Magula, voormalige ouditeursvennoot van KPMG Sipho Malaba en voormalige finansiële hoof van die polisie Phalaphala Ramikosi.

Die VBS se finansiële hoof, Phillip Truter, word ook aan die skandaal verbind. Truter kon egter nie vanoggend saam met sy medebeskuldigdes in die hof verskyn nie aangesien hy onder kwarantyn is.

Volgens die Valke het die verdagtes almal na bewering direk of indirek baat gevind by korrupte aktiwiteite wat gelei het tot die likwidasie van die VBS-bank. Hulle word aangekla van 47 klagte, insluitend 12 aanklagte van diefstal, sewe van bedrog, 15 van korrupsie en sewe van geldwassery.

Maroela Media het vroeër berig altesaam R2 miljard is oor ʼn tydperk van drie jaar van die VBS Mutual Bank geplunder deur VBS-hooggeplaastes en instellings. Die geld wat geplunder is, sluit in kliënte se spaargeld en miljoene wat deur munisipaliteite gedeponeer is.

ʼn Kriminele klag is reeds in Augustus 2018 deur die Reserwebank gelê toe dit aan die lig gekom het dat die bank nie daartoe in staat sal wees om al die geld wat deur lede van die gemeenskap en 20 munisipaliteite in die bank belê is, uit te betaal nie. Die bank is in November dieselfde jaar gelikwideer.

Die hofverrigtinge duur voort.

Bykomende bronne: eNCA, EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pieter ·

Ag asb ons ken nou al die storie die saak gaan vier jaar vat en die dokket gaan weg raak daar sal en gaan niks van kom nie

Wondermaarnet ·

Daar gaan nou soos gewoonlik ‘n komissie aangestel word en na 4 jaar nog ‘n komissie wat moet ondersoek instel hoekom die 1d komissie nie hul werk gedoen het nie en hul dwaal dan af van die oorspronklike ondersoek.

Fedup ·

Just give it up.
We all know it’s a waste of time, energy and money no one has.

Scalla ·

Hoe kan n munisipaliteit by hul bele as hul nie eers fondse het om hul verpligtinge na te kom nie.

Cherokee ·

Korrek. Daar is dus munisipale bestuurders wat ook onder die lope behoort te wees.

Jack ·

Na my wete is daar vanuit ANC geledere druk op munisipale bestuurders toegepa om by VBS te belê. Hierdie saak strek veel verder as die bankamptenary en munisipale amptenary. Dit strek deur die hele politieke eleite van die regerende alliansie.

Johann ·

Kom ons wees naïef positief en sien dit as ‘n begin? Die dag wat die rooi petters wat lekker saam weg gedra het in die hof verskyn…DAAI DAG glo ek die reg stelsel werk nog.

Cherokee ·

Baie dankie dat jy nie ook ‘n ‘ag, daar sal niks van kom’ rympie sing nie.

JohanR ·

Hoop die 7 word nie in die tronk een vir een afgemaai nie, omdat hulle te veel weet van die ANC en EFF se doen en late met VBS. Jacob Zuma het sy R7.8 miljoen wat hy moes terug betaal het vir Nkaaaaandla ook by VBS geleen nie? Moenie vir my se hy het nie al daai tyd toe hy die geld geleen het wat aangaan by VBS. Almal skelm verby! Zuma was granted a standard home loan by VBS Mutual Bank, a wholly black-owned bank started in 1982 as the Venda Building Society. In its statement, presidential spokesperson Bongani Ngqulunga said VBS is “one of the few financial institutions which offer home loans in respect of land owned by traditional authorities”.

This means that Zuma received the loan despite not being in possession of a title deed for the land on which his homestead was built.

Kerneels ·

Moet Zuma nog steeds afbetaal aan sy lening noudat VBS kapoet is? Is dit vergesog om te dink die hele VBS konkoksie bewimpel is sodat Zuma nie meer sy lening hoef te betaal nie?

Kan kundiges asb lig op hierdie sake werp?

JohanR ·

Ek sien die saak soe maar kan verkeerd wees Kerneels. VBS het Zuma R7.8 miljoen gegee. Hy het toe sy skuld betaal maar skuld dan vir VBS R7.8 miljoen oor hoeveel jare met rente. Se nou hy het R200000 terug betaal toe VBS val. Skuld hy dan nie nou vir VBS nog die res nie, of omdat VBS maan toe gevlieg het val daai skuld nou weg? Wens ‘n kenner wil ons soe bietjie meer vertel. Miskien kam MM vir ons meer ondersoek instel. Die vraag is of Jacob Zuma nog vir VBS baie geld skuld?

Jack ·

Na my wete skuld Zuma nog steeds die uitstaande geld, maar nou aan die likwidateure van die VBS. Die neukery is dat enige poging om die geld te verhaal verstrik raak in al die regs prosesse wat die onderskie partye nou moet volg. Ons weet natuurlik dat Zuma ‘n meester is om die regsprosesse te vertraag en self te verstrengel in die hoop dat almal op die ou end moedeloos word en die sake teen hom teruggetrek sal word.

Adam Adriaan ·

Wanneer kom die rooipette se indoenas aan die beurt. Volgens bewerings wat onlangs die rondte gedoen het, het hulle net so lekker gesmul aan die koek

KAIROS ·

selfde soos Zuma… net nog hofsake wat sloer en niks oplewer nie.
Baie gerieflik dat Truter onder kwaratyn is. Daar moet spesiale reelings gemaak word om die kriminele voor die hof te bring. Al is hy moontlik COVID-19 positief.
Trek die blerrie skelm n HAZMAT – pak aan. Teveel gapings vir n sy-stappie

Sarel ·

Hoe lank sloer die saak al en hoekom nou eers? Die manne het of nie die regte konneksie nie of dit is oëverblindery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.