7 in hof wat glo stemstasie tydens verkiesing sluit

Argieffoto

Sewe verdagtes het Maandag vlugtig in die Barkly-Wes-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn op aanklagte van die oortreding van die Kieswet, openbare geweld, asook sameswering om stemprosesse te belemmer, het die Valke gesê.

Volgens Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, is die verdagtes Vrydag deur die Valke se eenheid vir ernstige en georganiseerde misdaad aangekeer nadat hulle na bewering verlede maand gedurende die sesde demokratiese verkiesing saamgesweer het om die Holpan-stemstasie in Windsorton met ʼn slot te sluit sodat niemand by dié stasie kon stem nie.

Mnisi verduidelik dat die publiek gedurende die verkiesing aangesê is om nie te stem nie hoewel daar nooit ʼn ooreenkoms tussen die verdagtes en gemeenskapslede aangegaan is nie. Die verdagtes het toe die stemstasie op stemdag gesluit en dus gemeenskapslede verhoed om hul stemreg uit te oefen.

Die verdagtes is sedertdien geïdentifiseer as Gloria Buys (57), Riekie Femmers (45), Grace Jafta (38), Thapelo Patrick Buys (35), David Springbok (43), Magret Masinga (42) en Prumelda Williams (22).

Die verdagtes is gedurende die hofverskyning op borgtog van R300 elk vrygelaat en sal na verwagting weer op 4 Julie in dié hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jaco ·

waarom het die OVK dan toe net die slot en ketting gesny sodat die mense wel kon stem nie? dit kan tog nie so moeilik wees nie.

Gert van Wierdapark ·

Dit verbaas my nie dat daar nie by Hol-pan gestem is nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.