7-jarige sterf in bendekruisvuur

Emaan Solomans (Foto: Facebook)

’n Man (31) en ’n sewejarige meisie is dood nadat hulle in die kruisvuur beland het toe twee opposisiebendes Dinsdagaand op mekaar in Ocean View in Kaapstad losgebrand het.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring polisie is ná die skietery na Libraweg ontbied waar hulle met hul aankoms ’n ernstig gewonde kind aangetref het. Die kind is na ’n hospitaal in Valsbaai gehaas waar sy met haar aankoms op die toneel dood verklaar is.

Die meisie is intussen geïdentifiseer as Emaan Solomans. Medelye stroom sedertdien in op sosiale media.

Volgens Potelwa is ’n man ook in die kruisvuur doodgeskiet.

Die polisie ondersoek nou ’n saak van dubbele moord. Die situasie in Ocean View was teen vanoggend kalm. Polisiebeamptes is op die toneel en monitor die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Mikki ·

Wat n lieflike kind! Jou pragtige toekoms het soveel belofte gehad…..dis nou wreed kortgeknip. Rus in Vrede….

Karin ·

Dit sal ej graag wil weet. Sterkte aan haar familie. Wat moet nog gese word of gedoen word dat ons Regering kan sien en voel hoe ons harte breuk en bloei

Belinda ·

Soooo onregverdig, so hartseer, sterkte aan jou ouers pragtig kindjie.

madels ·

Hoe verskriklik! My hart gaan uit na die ouers en familie :-(

Louise ·

Silke goed maak my baie kwaad, so onodig dat n kind so moet sterf net omdat die polisie beheer oor geweld verloor het.

smith ·

Ai dis so sinneloos. Mag God die famielie styf vashou in die tyd. Kna my nie indink nie:-(

Leon ·

Kordon die plekke af en doen ‘n huis tot huis soektog. So sal julle hulle uit snuif. Gebruik hulle dan as teikens vir skietoegening want dit is wat hulle met die publiek doen.

Agter die skerms..... ·

My hart huil – nog ‘n doggertjie – dit is so so hartseer Katryn stem helemal saam jou. RIV Emaan, jy is so ‘n pragtige doggertjie.

Deon ·

Ramaphosa moet maar sy verskoning in plek begin kry, n hele rits van hulle, Hy het by Tazne om verskoning gevra, nou is dit die volgende een se beurt. En so sal dit nooit stop solank as wat al hierdie onbevoegde lot in beheer is nie… Die polisie is ook nou mosterd na die maal, soos gewoonlik, op die toneel en monitor die situasie…. Mmm waarom nie pro aktief wees en monitor voor die tyd, patrolleer, haal die kriminele uit!!! Hulle moor ons kinders links en regs… As enige van my kinders of kleinkinders so iets oorkom dan kom kuier ek vir jou Mnr Ramaphosa, en ons gaan lekker gesels, nie oor koekies en tee nie, maar oor hoe jy my gaan keer om dieselfde aan jou te doen want terwyl julle klomp net heeltyd grootbek rond loop en punte maak vir julle party, kos dit ons aan mense lewens, dis n God skreiende skande dat julle baba lewens gebruik om politiek punte te wen. As julle nie oor die punte wen gepla was nie dan sou julle LANKAL n plan maak met hierdie sinne lose geweld. Try my!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.