7-jarige sterf in padongeluk; vriend in hospitaal

Argieffoto: ER24

ʼn Sewejarige seun van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is dood en ʼn ander seun, wie se ouderdom nie bekend is nie, is ernstig beseer toe die bestuurder van ʼn minibustaxi die seuns raakgery het.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê die voorval het Vrydagmiddag op Sweetwatersweg plaasgevind.

Volgens Van Huyssteen is die sewejarige seun met die impak van die botsing tot in die bosse langs die pad geslinger. Sy sê hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

“ʼn Tweede seun is ook ernstig beseer in die voorval, maar is voor ER24-paramedici se aankoms op die toneel reeds deur private ambulansdienste na ʼn hospitaal vervoer,” sê sy.

Volgens berigte op sosiale media was die twee seuns vriende. Van Huyssteen kon nie duidelikheid gee oor die presiese gebeure rondom die ongeluk nie.

Die voorval word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.