ʼn Sewejarige kind is Dinsdag dood nadat ʼn motor op die N3 naby Harrismith in die Vrystaat omgeslaan het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die motor met vier kinders en twee volwassenes het sowat 5km buite Harrismith omgeslaan.
“Twee kinders was onder die wrak vasgekeer. Een van die kinders is op die toneel dood,” het Botha gesê.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Noem my gevoelloos,maar laat my raai;
Niemand was vas gegordel nie,allermins die VIER kinders. Hoe anders is twee van die kinders onder die voertuig vasgekeer na dit gerol het??