7-jarige sterf ná motor omslaan

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Sewejarige kind is Dinsdag dood nadat ʼn motor op die N3 naby Harrismith in die Vrystaat omgeslaan het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die motor met vier kinders en twee volwassenes het sowat 5km buite Harrismith omgeslaan.

“Twee kinders was onder die wrak vasgekeer. Een van die kinders is op die toneel dood,” het Botha gesê.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

bleskop ·

Noem my gevoelloos,maar laat my raai;
Niemand was vas gegordel nie,allermins die VIER kinders. Hoe anders is twee van die kinders onder die voertuig vasgekeer na dit gerol het??

Neptunus ·

Jy mag nie sulke vrae vra nie Bles, as mense in SA in ‘n botsing sterf en jy kritiese vrae stel word gesê jy mag nie oordeel nie ens. Mense wat vasgegordel is kan wel soms uitgeslinger word, maar die waarskynlikheid daarvoor is heelwat kleiner as iemand wat geen gordel aangehad het nie. Jou aanname is heel waarskynlik (ongelukkig) korrek. Nogal ironies dat mense wat vinnig is om taxibestuurders en ons president se gedrag uit te wys dikwels self wetsongehoorsaam is – kinders staan op voorsitplek of sit sommer op ma se skoot, stop nie stopstrate nie ens., ens.

zahn ·

Neptunus, net jy sien die verband tussen ons wat nie veiligheidsgordels dra nie, en jou president wat miljoene rande in sy sak druk. U, die oot zuma, verteenwoordig my glad nie. Jammer. met die res van jou kommentaar kan ek nogal saamstem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.