7-jarige verdrink in strandmeer

Boknesstrand. Foto: Google Maps

Boknesstrand. Foto: Google Maps

ʼn Sewejarige seun het in die Boknes-strandmeer buite Port Alfred in die Oos-Kaap verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Donderdag gesê.

Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het gesê ʼn pa het omstreeks 10:10 Donderdagoggend die NSRI gekontak en sy seun as vermis aangemeld.

“Die pa het gesê hy jaag van sy huis in Alexandria, Port Alfred nadat sy vrou hom laat weet het sy kan nie hul seun op die strand vind nie.” Volgens Lambinon het lewensredders die seuntjie se liggaam in die strandmeer gevind.

Lambinon het gesê daar is mond-tot-mond-asemhaling op die seun toegepas maar sonder sukses. Hy is op die toneel dood verklaar.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Annerie Myburgh ·

Ons was vandag op die strand in Boknes toe dit gebeur het. Dis ongelooflik hartseer, maar wat baie ontstellend was, is dat die kind se lyk vir meer as 2 ure ten aanskoue van die vakansiegangers langs die lagoon gelê het. Ek voel die polisie kon vinniger gereageer het om alle ondersoeke af te handel en die seun dan te verwyder, ook vir die ouers se part, wat baie ontsteld in die ambulans gesit het. Is daar ‘n rede dat hulle so lank moes wag en aangesien dit nie ‘n “crime scene” was nie, was dit nodig om eers te wag vir ‘n polisie-fotograaf?

Neptunus ·

Bedoel jy te sê hulle het nie eens die lyk bedek nie? Jy mag dalk reken dis nie ‘n misdaadtoneel nie, maar om nie toesig oor jou kind uit te oefen by die see of strandmeer is in my boekie alreeds grof nalatig. Al gehoor van kinderverwaarlosing?

Nina ·

Het jy al gehoor hoe vinnig iemand verdrink? Sekondes. Hemel, hoeveel mense dink jy was op die strand en in die meer? Is dit ook kinderverwaarlosing wanneer ‘n kind per ongeluk in ‘n swembad verdrink? Asseblief, man. Ongelukke gebeur en GEEN mens kan waarborg dat hulle ‘n kind elke sekond onder oë gaan hê nie. Tsk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.