7 kinders,  1 vrou sterf in gru-botsing

Argieffoto

Sewe kinders en een volwassene is dood toe die twee motors waarin hulle gereis het op die Barkly-Wes-pad buite Kimberley gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk waarin ʼn Toyota Corolla en ʼn Land Cruiser betrokke was, Vrydagaand teen 20:30 plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel opdaag het ons die sewe kinders tussen 5 en 18 sowel as een volwasse vrou dood aangetref. Die bestuurder van die motor het ernstige beserings opgedoen,” het Vermaak gesê.

Volgens Vermaak blyk dit dat daar nege insittendes in die Toyota Corolla was ten tyde van die ongeluk.

ʼn Insittende van ʼn Land Cruiser is volgens Vermaak op die toneel behandel vir gemiddelde tot ernstige beserings.

“Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar dit blyk volgens omstanders dat een van die voertuie ʼn U-draai gemaak het toe die ongeluk plaasgevind het. “

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

CE ·

Nege in n Corolla…….eish dit is heeltemal oorlaai arme kinders my innigste simpatie. Wonder net hoe kan ouers dit toelaat

Lientjie ·

Oorlaai en onbevoegde bestuurder dan is dit altyd die passasiers wat aan die kortse end trek.

Asjas ·

Daar was omstanders wat gesien het wat gebeur maar al wat ons kry is dat EEN van die voetuie ‘n U-draai gemaak het. Hoekom mag ons nie weet watter EEN van die twee voertuie betrokke nie?

Carien ·

K53 net gedoen omdat ek moes om n lisensie te kry, maar as jy in die werklike lewe ry en so baie moet opserweer….spieëltjies links/regs middel, oor die skouer…dan is oë net n sekond op die pad en dan is dit die hele storie van opserwasie van voor af gaan ons meer ongelukke kry. Ding is daar moet by padreëls gehou word en daar word nie, want boetes word net gegee indien hulle wil en kyk net hoe baie ry sonder veiligheidsgordels, kinders mag of in n karstoeltjie wees of nie (daar moet vaste reëls wees dat alle kinders tot 5 jaar in n karstoeltjie moet wees, maar te maklik om reëls te oortree en weg te kom. Stopstrate is lankal nie meer stopstrate nie, maar toegeetekens.

Eddie ·

N man met sewe kinders. Dis darem nou seker vir jou n getapte man teen die tyd.

LBS ·

En heel waarskynlik het hierdie man nou sy hele gesin uitgewis!

willie ·

hoe kry jy 9 in ñ Corolla? 3 voor en 6 agter! arme kinders het ook geen keuse gehad nie!

Sarie ·

Bly jy by die huis word jy vermoor. Ry jy in jou kar is daar dwase wat nie kan bestuur en dink nie……..werk jy dan word jy aangeval en beroof. Lande se leiers maak kinderagtige opmerkings teenoor mekaar wat kan uitloop op oorloe…Miskien is die einde van die wereld maar die beste opsie. Waar is die goeie nuus stories?????

Narie Marie ·

Goeie nuus? Kyk hoeveel toekennings het “Melk &Vleis” by Aardklop gewen. Dis maklik as jy nie die slegte nuus wil lees nie…. blaai verby.

LJ ·

Ek was die naweek op die pad en in Kimberly, het gedink daar is nuwe padreels soos wat die mense die padreel oortree maar daar word net vir spoed gevang. Geen wonder daar is so baie sterftes op die pad nie. Ek is darm nie vir spoed gevang nie.

Mr. Perfect. ·

Eddie, Willie en al die anders, ek stem met julle saam. Sit daarby nog die feit dat bestuurders met selfone in die hand bestuur, boodskappe stuur, nie die padreels ken nie. Soos wilde wrartigs ry”omdat ek kan” wys jou net dat mense se morele waardes so laag is soos slang bollie.
Sarie, nee, die einde van die wereld is nog ver, maar as dit sal troos, die einde van satan se regering is in sig. Onthou Jesus moet nog vir n duisend jaar kom regeer. Die dinge is besig om te gebeur. Kom ons leer liewer onself en ons kinders en kleinkinders wat die Bybel se waardes is.

Hanna ·

Nege mense in een voertuig? En dit nou n gewone sedan… Nou maak die reeds hopeloos oorlaaide motor se bestuurder n (onwetting) u-draai. Ja, mens kan dit v die berig aflei. Ons is nie so onnosel nie. En hulle wonder oor die oorsaak van die ongeluk? Not exactly rocket science.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.