7 leerders dood toe trok boom tref

Argieffoto

Sewe leerders is die naweek buite Zeerust in Noordwes dood nadat die trok wat hulle van een punt na ’n ander vervoer het die pad byster geraak en teen ’n boom gebots het.

Paul Sebegoe, provinsiale voorsitter van die burgerregtegroep Sanco, sê in ’n verklaring die bestuurder van die trok het die leerders Sondag vanaf Borakalalo na die Rietpan-nedersetting vervoer toe dié na bewering beheer oor die voertuig verloor en teen die boom gebots het.

“Ons is hartseer oor die tragiese ongeluk en wil ons innige meegevoel betuig met die families wat hul geliefdes verloor het. Ons wens ook diegene wat in die voorval beseer is, ’n spoedige herstel toe,” sê Sebegoe.

Die burgerregtegroep doen nou ’n beroep op die toepaslike owerhede om vas te stel of die trok padwaardig was en of die bestuurder se lisensie geldig was ten tyde van die voorval.

Sebegoe wil ook vasstel of die leerders se ouers en bestuur van die betrokke skool toestemming vir dié rit gegee het, met die nodige toesig van onderwysers, aangesien ’n trok nie die veiligste manier is om leerders rond te karwei nie, verduidelik hy.

“Ons kan nie bekostig om kosbare lewens te verloor weens menslike foute of enige ander faktore wat voorspel en vermy kan word nie,” sê Sebegoe.

“Een sterfte op ons openbare paaie is een sterfte te veel.”

Sebegoe pleit vir meer betroubare en veiliger openbare vervoer veral in landelike gemeenskappe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nettie ·

HOEKOM WORD LEERDERS IN ‘N TROK VAN EEN PUNT NA DIE ANDER VERVOER???????????? Dis mos waarvoor daar iets soos BUSSE is, nie waar nie?????????? Maar o ja, hier in die huidige Republic of Azania maak ieder en elkeen net wat hy/sy lus het – hier in die Hexriviervallei word mense óók stééds – ten spyte daarvan dat daar so ‘n paar jaar gelede vreeslik uitgevaar is deur regeringsamptenare teen boere wat dit doen – steeds gebruik gemaak van hierdie 10-tonnertjies om mense van hul huise na die plase vir dag-stukwerk te vervoer. En daardie voertuie is NIE almal toegerus met bankies en oordek met seile nie en word dikwels oorlaai, sodat die mense daarop lyk soos sardiens in ‘n blikkie. O ja, en dan ry daardie vragmotors verbý Provinsiale Verkeer se mense, maar hulle word nie afgetrek nie.

Lee ·

Ai dis verskriklik. Baie sterkte aan al die ouers en families…

HOBBO ·

Ek stem. Mag ons liewe Vader hulle vertroos in hulle hartseer.

Rina ·

My innige simpatie aan ouers en familie. Dit is tragies. Kyk gerus na die spoed. Beheer verloor???

Magda ·

Baie tragies – maar ja vra maar die ouers ook, dis tyd dat hulle ook verantwoordelik neem vir hulle kinders se vervoer – As hulle toestemming gegee het, hoop ek dat hulle vervolg sal word. Net soos iemand met n wapen wat nie veilig toegesluit word nie. Sterkte aan al die families vir die onskuldige kinders wat so skielik weggeneem is.

Stan ·

Baie hartseer! Kinders word groot in moeilike omstandighede en dan gebeur daar nog so ‘n tragedie. Sterkte aan die ouers.

Koos de Meyer. ·

7 dood in Noordwes, 6 dood in Inanda by Durban op eendag. Beheer verloor in al by gevalle. So sal dit aan hou, spoed, onpadwaardige voertuie en dan wonder ‘n mens hoe bevoeg is hulle. As persone vervoer word moet daar ook pdp lisensie wees. Maar die wet gejd mos net vir sekere mense.

Piet parys ·

TRAGIES Die voertuig het buite beheer geraak . Hoekom ? Te vinnig gery of band gebars of onpadwaardig ofwat? Soveel vrae . Ons het elke dag agter op n bakkie skool toe gery en dit was nie n probleem nie want die bestuurder was verantwoordelik en het geweet hoe om op te tree. So Sebego dis nie die voertuig nie maar die mens wat nie meer omgee vir ander mense nie .

Alida ·

Mens vervoer beeste met n trok nie kinders nie!! Verregaande.

Scalla ·

Waar woon jy, selfs donkies dien as veilige vervoer Alida, stadsmense het nie idee van werklikheid nie. Respek is die antwoord

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.