7 maande oue baba sterf in botsing

Foto: ER24.

’n Sewe maande oue baba is dood en ander beseer in ’n ongeluk wat Saterdagmiddag in Kaapstad plaasgevind het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het tussen ’n motor en ’n vragmotor op Otteryweg naby Skaapkraal plaasgevind.

“Verskeie nooddienste het omstreeks 14:00 by die toneel opgedaag. Die baba is buite die motor aangetref – ons vermoed die kind is uit die motor geslinger toe die voertuie gebots het,” het Vermaak verduidelik.

Volgens Vermaak is twee volwassenes en ’n 7-jarige kind vasgekeer binne die motor aangetref. Meganiese toerusting moes gebruik word om die insittendes uit die wrak te bevry.

“Hulle is op die toneel behandel en toe na Groote Schuur-hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling,” het Vermaak gesê.

Die bestuurder van die vragmotor kon nie opgespoor word nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leahim ·

Ek verstaan nie die nuuswaardigheid van motorongelukke nie wat van die eff wat nou die DA se raadsvergaderings gaan boikot? , maar dit is net my opinie.

LB S ·

Ons lees elke dag alles wat in die politiek aangaan, Leahim. Het jy al daaraan gedink dat as ons nie van die motorongelukke lees nie, almal te gerus op die paaie sal wees wat eintlik oral ‘n ongeluk is wat wag om te gebeur! So wees jy maar ook paraat, hoor.

Berig ·

Onvolledige berig, was daar ‘n babastoeltjie aangetref op die ongelukstoneel soos deur die wet vereis. Indien nie, behoort iemand hiervoor ook aangekla te word want ‘n lewe is (moontlik) onnodig geneem.

LS ·

Ek verstaan nie hoekom julle wil kla oor gratis nuus nie REGTIG !!!
Dan lees julle ‘n berig net om daaroor te kla in die kommentaar ???
Ek meen REGTIG ??? Moenie lees nie !!!

Kaufman ·

Gratis nuus hier is baie beter as die betaalde nonsens op die betaalde webwerf van n ander groep.

Wendy Harper ·

Why was the baby NOT strapped in a car seat? So tragic and unnecessary for an infant to loose his/her life because of negligent parents.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.