7 moorde in 14 dae in Kaapstad-woonbuurt

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Altesaam sewe mense is sedert die begin van Desember in ʼn klein Kaapstadse woonbuurt vermoor.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het Maandag gesê die moorde het in drie afsonderlike voorvalle in Ocean View plaasgevind en dat ses verdagtes reeds in verband met die moorde in hegtenis geneem is.

Van Wyk het gesê in die jongste voorval is Mari Engelbrecht (50), Henry Patterson (60) en Chantelle Engelbrecht (29) Saterdag in die vroeë oggendure in Mars Way doodgeskiet.

“Aangesien dit die derde moordvoorval sedert Desember is, werk die Ocean View-polisie onverpoosd om alle leidrade so gou moontlik op te volg,” het Van Wyk aan Maroela Media gesê. “ʼn Volgehoue poging het gesorg vir ʼn deurbraak Maandag in die vroeë oggendure toe ʼn 35-jarige verdagte in Wynberg in hegtenis geneem is in verband met dié trippelmoord.”

Saterdag het polisiebeamptes vyf verdagtes in hegtenis geneem wat moontlik verbind kan word aan twee afsonderlike voorvalle waarin vier mense vermoor is.

In die eerste voorval is Leonardo en Shannon Fortune (albei 31) en Kim Roberts omstreeks 22:00 in Pypie Court geskiet. Die Fortune-egpaar is op die toneel dood. Roberts is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem waar hy aan sy wonde beswyk het. Roberts se ouderdom is nie bekend gemaak nie.

“Vier verdagtes, onderskeidelik 23, 24, 25 en 33 jaar oud, is Saterdag in verband met die Pypie Court-trippelmoord in hegtenis geneem.”

Die laaste verdagte wat Saterdag in hegtenis geneem is, hou verband met die moord op Shawn Gregory Wyngaard. Wyngaard (26) is Vrydagaand omstreeks 23:30 in Jasmine Circle met ʼn skerp voorwerp gesteek.

“Daar word vermoed dat die oorledene en ʼn 20-jarige man in ʼn bakleiery betrokke geraak het. Wyngaard is dood weens ʼn steekwond aan die linkerkant van sy nek.”

Van Wyk het gesê die moontlikheid word ondersoek of die motiewe vir die moorde bendeverwant is.

Al die verdagtes moet Donderdag in die Simonstad-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Aster ·

Suid Afrika is VROT! Ek WIL NIE MEER hier bly nie! Dinge sal nooit weer reg kom nie.

Karen ·

Aster, ek weet wat jy bedoel, ek voel ook so, maar wat kan ons doen? Niemand wil jou vat as jy nie skatryk is nie.

Lionel westraadt ·

Daar is n gesegde wat se in die land van blindes is die eenoog koning

Reinhardt ·

En die koning loop met die losprys weg en moordernaars groet mekaar met n high-five. xD

M ·

Stem saam, bring terug die doodstraf, dan is daar darem ‘n afskrikmiddel. Hierdie mense gaan sit net in die tronk op belastingbetaler se geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.