7 ‘onwettige myners’ by Limpopo-myn vasgetrek

Argieffoto

Daar is Vrydag op altesaam 89 sakke vol gouddraende materiaal beslag gelê toe sewe vermeende onwettige myners by ʼn gerehabiliteerde myn in Limpopo in hegtenis geneem is.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê die inhegtenisneming volg op ʼn samewerkingsoperasie tussen die Valke se eenheid vir ernstig georganiseerde misdaad, die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, lede van die polisie se eenheid vir openbare orde en die departement van minerale hulpbronne.

Volgens Maluleke is sewe verdagtes by Ellerton, ʼn gerehabiliteerde myn in die Hlaneki-nedersetting, sowat 75 km vanaf Louis Trichardt, in hegtenis geneem. Die sewe verdagtes, tussen 26 en 60 jaar oud, word aangekla van oortreding van die Wet op Edelmetaal, Onwettige Mynbou en Onwettige Besit van Onbewerkte Metaal.

Hulle sal Maandag in die Giyani-landdroshof verskyn.

Maluleke sê dié operasie volg op soortgelyke operasies in Maart en Mei vanjaar toe 45 verdagtes in hegtenis geneem is vir onwettige mynbou. Maluleke meen die operasies is aanduidend van die owerhede se toewyding om onwettige mynbouaktiwiteite hok te slaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

zoom zoom ·

Hoekom is zuma se seun wat ook ‘n myn beroof het van al die goud waarvan geen bewyse gevind is waarheen die goud versend is nie ook inhegtenis geneem nie???. Plus hy het nie eens die werkers betaal nie. So los die mense laat hulle delf. Maar maak seker dat daai sakke met die goud in nie voete kry waar dit nou geberg word.

Sakkie ·

Dis nou ‘n lekker grappie,
“7 Onwetige myners word vasgetrek”
Hier aan die Wesrand is ‘n plakkerskamp met sowat 3000 onwettige imigrante van Malawi, Zimbawe en Mosambiek. Hulle loop oop en bloot oor Randfontein weg en ander plekke met hulle toerusting oor die skouer oppad om te gaan myn. Die ironie hier is dat die plakkerskamp skaars 50 meter gelee is van die Lindela repatriasie sentrum. Waar onwettige immigrante geneem word om terugestuur te word vir ‘n kort vakansie in hulle onderskeie lande.
Persoonlik dink ek hier is ‘n goeie storie wat onder soek behoort te word.

Peter ·

Hier aan die Oosrand in Brakpan , Benoni is dit dieseldfe. Duisende onwettige plakkers beset grond en grou die goudstof uit . Een groep het n grader gebruik en reuse gate uitgegrawe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.