‘7 plaasaanvalle binne 24 uur’ by Onderstepoort wek kommer

(Argieffoto)

Altesaam sewe voorvalle van plaasaanvalle in ʼn 15 km-radius in die omgewing van die Onderstepoort-kleinhoewes in Pretoria is rede tot bitter groot kommer.

Dít volgens John Moodey, die DA se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in Gauteng, wat sê voorvalle van gewapende roof, poging tot huisroof en poging tot moord is na die aanvalle by die Pretoria-Noord-polisiestasie aanhangig gemaak.

In een van die voorvalle het twee mense kopbeserings opgedoen en in ʼn afsonderlike voorval is ʼn 18-jarige seun in die nek geskiet.

“Die voorvalle is net ʼn paar van talle wat aandui dat boere onder beleg is deur misdadigers. Tog doen die ANC-geleide regering niks om hul veiligheid te verseker nie.

“Vir veels te lank al vra die DA Gauteng se ANC-geleide regering om iets aan die veiligheid van landelike gemeenskappe te doen omdat die vorige ingrypings wat die regering voorgestel het, weinig tot geen sukses gehad het nie,” het Moodey gesê.

Die party het ook ʼn mosie in die Gautengse provinsiale wetgewer ter tafel gelê oor gewelddadige misdaad in die provinsie, veral teen diegene in landelike gebiede.

Die DA het ook ʼn beroep op die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, gedoen om ondersoek na die aanvalle te prioritiseer en die polisie met bykomende hulpbronne toe te rus sodat hulle in ʼn beter posisie is om boerderygemeenskappe te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem

Hierdie regering gee niks om vir boere nie

Fedup

Take mad hatter and mazibuko by the ear and make them walk those farm roads in the evening to ensure safety.
Let’s see them do something about these unnecessary attacks.

marius

Wrewel en haat , is al emosies wat opkom .

Althes

#Farmlivesmatter

Pieter

Ons blankes gaan nooit ooit wakker skrik nie.