7 sterf in ongeluk naby Graskop

Sewe mense het in die ongeluk naby Graskop omgekom. (Foto: Dept. van gemeenskapsveiligheid, Mpumalanga)

Sewe mense is laat Sondagmiddag op die R532 tussen Graskop en Ohrigstad dood toe ʼn bus op die pad omgeslaan het.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het gesê sewe mans het op die toneel gesterf.

“Altesaam 39 van diegene wat beseer is, word in die Matibi- en Kiaat-hospitaal behandel.”

Meer besonderhede oor die ongeluk was nie dadelik beskikbaar nie. Mmusi het gesê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.