7 van 16 Jhb-ontsnaptes is moordverdagtes

Argieffoto

Die name en foto’s van die 16 gevangenes wat Maandag uit ’n Johannesburgse gevangenis ontsnap het, is bekend gemaak.

Maroela Media het vroeër berig die verhoorafwagtende gevangenes het Maandag omstreeks 03:00 uit die Johannesburg- Medium A-tronk ontsnap.

Volgens Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het die gevangenes deur ’n pyptonnel ontsnap en ’n voorwerp gebruik om die muur te breek voordat hulle na die heining beweeg het.

Die ontsnaptes is intussen geïdentifiseer as Siphiwe Khuma (34) wat teregstaan op aanklag van roof, Thabane Nkosi (34) wat teregstaan op aanklag van roof, Tumelo Mosikoe (32) wat teregstaan op aanklag van huisbraak, Smaga Mtshali (44) wat teregstaan op aanklag van roof, Nkosiyazi Phungula (27) wat teregstaan op aanklag van moord, Ntobeko Hlatshwayo (32) wat teregstaan op aanklag van moord, Sabelo Ongubane (30) wat teregstaan op aanklag van moord, Martin Piliminta (30) wat teregstaan op aanklag van moord, Thabane Gwala (27) wat teregstaan op aanklag van gewapende roof, Percy Matimba Chauke (37) wat teregstaan op aanklag van verkragting, Thambanqa Msezane (23) wat teregstaan op aanklag van verkragting, Hlanganiso Sibanda (29) wat teregstaan op aanklag van verkragting, Nkosinathi Siphesihle Manyoni (23) wat teregstaan op aanklag van moord, Sibonelo Nkosingphile Thwala (24) wat teregstaan op aanklag van moord, Shonela Showe (ouderdom onbekend) wat teregstaan op aanklag van moord, en Mthokozisi Dladla (26) wat teregstaan op aanklag van roof.

Al die ontsnaptes is Suid-Afrikaanse burgers, afgesien van Ongubane, Piliminta en Sibanda, wat volgens die departement immigrante is.

’n Strafregtelike saak is by die polisie aanhangig gemaak en die omstandighede rakende die ontsnapping word nader ondersoek.

Die departement doen ’n beroep op mense wat inligting het oor die voorval of weet waar die ontsnaptes hulle moontlik bevind, om die polisie se Stop Misdaad-hulplyn by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Irene Myburgh ·

Die persoon wat hierdie fotos geneem het moet asseblief op n kurses gaan want party sien mense net oe en neus. So hoe gaan jy iemand so uitken?

Maaiki ·

Dit laat my nou MEER GERUS VOEL, vreemd dat julle die boere en kismanne so streng dopgehou het in die tronk maar dat MOORDVERDAGTES toegelaat word om te ontsnap .. SJOE die regering en die polisie sowel as die gevangenis personeel laat my REGTIG RUSTIG elke aand slaap, veral noudat ek weet 7 verdagtes was MOORDVERDAGTES!! MEESTE was SA BURGERS. so julle maatjies wat glo dit is NET die BUITELANDERS Wat die moorde pleeg, DINK WEER!!

Saffa ·

Waar’s die lot wat altyd sê dis die buitelanders wat so moord, roof en rape? net 3 in uitlanders. SA is rotten to the core.

Reguit ·

SA – die wonderlike “kultuur-ryke” land waar o.a. die tronke lankal oorvol is. …….. O ja, ek het vergeet, waaruit hulle ook gereeld “ontsnap”. Die reënboog-besprinkelde misdaad hemel.

Spark Plug ·

Ons kan seker bly wees dis net 7 en nie 700 nie. Goed gedoen daar om ons veilig te hou. Vanaand slaap ek beter. Sien, dinge raak net beter vir ons

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.