7 van polisie self vas ná Jhb-klopjagte

Oproerige buitelanders gedurende ‘n klopjag verlede week in die Johannesburgse sakesentrum. (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Sewe polisiebeamptes is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld aanvaar het te midde van klopjagte in die Johannesburgse sakesentrum.

Honderde polisiebeamptes het gister weer op winkels wat na bewering vervalste goedere verkoop, toegeslaan waar daar op ʼn beduidende hoeveelheid goedere beslag gelê is waaronder vervalste Nike-skoene en ander namaaksels van gewilde handelsmerkname.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn adjudantoffisier en vier ander polisiebeamptes is gedurende die dag se operasie by die plaaslike polisiestasie in die middestad in hegtenis geneem toe hulle probeer het om van die goedere waarop daar vroeër beslag gelê is aan onwettige handelaars te herverkoop.

Twee ander polisiebeamptes is ook gedurende die dag elders in hegtenis geneem nadat hulle glo inligting oor die dag se operasie uitgelek het.

Luidens die polisie is buit wat in 46 voertuie in die parkeerterrein van die Lister-gebou gevind is moontlik die aand vir die operasie verwyder nadat onwettige handelaars ʼn wenk ontvang het. Die polisiebeamptes is deur ’n ooggetuie aan die uitlek van inligting verbind.

Volgens Makhubele sal die polisiebeamptes binne die volgende paar dae in ’n hof verskyn. Die klopjagte duur voort.

Hy verduidelik dat die tyd en plek van klopjagte kort voor die tyd bekend gemaak sal word om te verhoed dat inligting weer uitlek en skuldiges vooraf snuf in die neus kry en laat spaander.

Talle winkels was gedurende gister se klopjag gesluit en die polisie moes deure afskop om goedere in die winkels te deursoek. Die polisie het in een van die geboue op sewe aanvalsgewere en ammunisie afgekom.

Die inligting van meer as 560 buitelanders word tans verwerk. Daar word onder meer gekyk of hulle misdaadrekords het en of hulle wettig in die land is. Die nagaan van inligting sal egter ʼn geruime tyd duur om af te handel voordat skuldiges in hegtenis geneem kan word.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, het gesê hy hoop die inhegtenisneming van die polisiebeamptes sal as waarskuwing dien dat die provinsiale polisie ernstig is oor die bekamping van misdaad. “Selfs al beteken dit om van ons eie mense in hegtenis te neem. Niemand is bo die wet verhewe nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

colleen ·

Miljoene mense sit sonder werk. Hoekom moet dit lank vat om data te bekom en te verwerk? Stel bevoegde mense aan en kyk verby velkleur as aanstellings gedoen word.

valk ·

slim van sy baas………….

lekker, trots op die blou (nie die bulle)

PieterJohannes ·

Baie geluk! Dit gee mens moed. Ongeregtigheid sal nie vir altyd seëvier nie. Genadiglik is daar nog polisie beamptes wat die golf van misdaad wil bestry. Ek salueer julle.

Liza ·

Ja, en net gisteraand met die nuus berig het ek gese daar is polisielede wat ‘n hengse wins gaan maak die maand!

Leser ·

Welgedaan aan die eerlike dienaars van die gereg. Aan die korrupte beamptes – skaam vir julle…

Suzette Geringer ·

Hulle het nie skaamte nie – dit is nie deel van hulle verwysingsraamwerk nie.

Goeie genugtig ·

Kyk net hoe lyk daai hool. Toe ek net eers vlugtig die foto sien, dink ek daar was ‘n hengse ongeluk, die dat die lot so staan ek kyk. En so het hulle Germiston ook al verwoes.

Arie ·

Ons land is ‘n siek grap, die boewe regeer, die polisie hardloop weg as hulle teenstand kry terwyl die regering betaling ontvang om niks te doen behalwe lieg nie

marous ·

Hoe bly ‘n onwettige in die land ? Maklik,,,betaal elke maand jou tjotso geldjies getrou en jy word soos ‘n goue melk koei beskerm .

Willehond ·

Ursula dis net die sewe ongelukkiges wat gevang is. Die ander vierhonderd was meer gelukkig!

ProotGraat ·

Wil jy nou meer. Herverkoop die vervalste buit aan onwettige handelaars sommer dieselfde dag nou. Hoe oulik is dit nie?

Danie Theron ·

Welgedaan SAP. Maak die stede skoon. Moenie ophou. Ons immigrasiebeleid het ons stede verander in hole. Deporteer ALLE onwettige “immigrante”. Onderwerp ALLE SAP lede aan poligraaftoetse. Skenk die gebuite goedere aan behoeftiges met streng toesig.NEEM ons stede terug. Kom DA wys jul kan

Johanna ·

Dit is om oor te huil! Hoe korrup IS ons land? Dit gaan nie uitgeroei word nie. Hoekom nie? Die regeerdes het die voorbeeld gestel. Dit word net nagevolg.

Marius ·

Jy kan maar na Boksburg flee market ook gaan baie onwettige goed daar.Maar julle sal sien die Chinese president sal hulle vinnig laat ophou om klopjagte te doen want hulle besit Suid Afrika.

Hanna Hoekom ·

To serve and protect… Nou toe, nou! Die SAPS se keuringsvereistes moet seker maar bitter laag (30%) wees.

Johan ·

Wat van ander plekke in die land waar dit ook so lekker gaan teveel mense sonder paspoorte ,buitelanders regeer SA

ne ·

Hoe kom die goed die land binne? China?????
Bietjie laat om nou wakker te skrik. Gemors kom deur doeane, nou hoekom word dit nie daar al gekonviskeer nie? En dan koop mense nog op straat goedere. Kyk veral na vlooimarkte op Saterdae en Sondae!

Stripes ·

Verstaan nou nie so lekker nie. Die SAPD werk tog oor die hele land. Toe kom die Metro Polisie en nou praat die berig van Provinsiale Polisie. Bestaan die SAPD dan nie meer nie en het elke Provinsie en stad dan nou hul eie polisie?
MM kan julle my inlig asb.

Kobus ·

Goed vir hierdie maar te min te laat. Hoekom is daar beamptes wzt red skuldig bevind was steeds indien. Dan bekommerd oom Cele hom oor wettige vuurwapen eienaars? Swart kol is by die Bestuur want Politieke speletjies is belangriker

Sarel ·

Hoekom het ons nog nie gehoor van Klopjagte op die Kaapse Vlakte en Bende Mekkas nie

Douglas Cohen ·

Die SAPD beteken niks, hier konfiskeer hulle sakke hout langs die pad maar die volgende dag is dit maar weer langs die pad, (seker terug verkoop aan hulle) jy hoor daagliks die petrol sae in die berg besig om die bome aftesny trek hulle vas en 99% van jou probleem is opgelos

madels ·

En so glo ek ook dat baie van die polisie ook handel dryf met vuurwapens want waar kry al die boewe hulle gewere? Nee wat hul gaan net na die krimineel mnr polisie man en hy verkoop dit aan hulle en maak groot wins

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.