7 vas ná Bosasa-onthullings

Argieffoto

Sewe verdagtes is Woensdag in hegtenis geneem ná ʼn hoëprofiel-ondersoek na beweerde korrupsie, geldwassery en bedrog rakende tenders wat aan die omstrede fasiliteite-bestuursgroep Bosasa toegeken is.

Die verdagtes, almal tussen 50 en 78 jaar oud, is voormalige werknemers van die departement van korrektiewe dienste en Bosasa-amptenare.

Daar word beweer byna R1,6 miljard is onreëlmatig bestee in tenderprosesse vir die verkryging van dienste van die departement van korrektiewe dienste (DKD). Dié tenders is toegeken aan Bosasa Operations (Edms.) Bpk. en sy geaffilieerde of filiaalmaatskappye.

Bosasa is sedertdien herdoop tot African Global Group.

Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes het na bewering geskenke in die vorm van kontant ontvang, asook finansiering vir die aankoop van eiendomme, voertuie, ander bates en betalings aan reisagente vir oorsese reise.

Die inhegtenisnemings volg kort nadat daar skokonthullings voor die kommissie van ondersoek na staatskaping gemaak is oor beweerde korrupsie en talle omkooptransaksies by Bosasa.

Mulaudzi sê een van die sewe verdagtes wat aangekla is, is tans in die buiteland, maar is reeds in kennis gestel dat daar ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is. ʼn Ander verdagte is tans in Port Elizabeth, maar reëlings is reeds getref om dié verdagte binnekort na Pretoria te bring om tereg te staan op die aanklagte teen hom.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het die inhegtenisnemings verwelkom. “Ek waardeer dit dat die beskuldigdes se verskyning in die hof verseker is. Dit is ʼn stap in die regte rigting en ek sien uit na die behoorlike finalisering van dié saak met ʼn hofuitspraak,” het Lebeya gesê.

Vyf van die verdagtes, asook verteenwoordigers van drie maatskappye sal na verwagting vandag in Pretoria se gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

eugene ·

‘i love what I see’
mense hier kom n ding, lekker ne…?

zoom zoom ·

Eugene.
Die mense is alreeds uit op borg van R20 000 elk. So hier gaan niemand Gou Gou verhoor word en tronk toe nie

Meerkat ·

zoom zoom, niks in die Valke het verander sedert Zuma se tyd nie. Cyril het mos Mei verlede jaar ‘n nuwe hoof van Valke aangestel. Selle ANC.

Louis ·

Die geld is lankal weg, nou kan ons maar net hoop hulle kry lekker lank tronkstraf. Hopelik sal ander dan tweekeer dink voor hulle vingers in die koekblik wil druk.

GP ·

Ek glo hul bates sal dadelik gevries word. Hopelik kan hulle van die geld terug kry.

Hennie ·

So wat van Dudu Myeni, Gwede Mantassie en al die ander ministers wat genoem is? Hoekom net die “nobodies” gebruik as sondebokke?

Dirk Breytenbach ·

Presies, ek hou die spasie met groot verwagting dop. Wat van Gwede Manatashe en andere? CR wat met die R500k warm geld in sy trust rekening gevang is?

Jerry ·

Lebeya, hierdie is die klein vissies en dit is goed so, maar julle gaan ons nie mislei nie, ons soek die ANC elite se groot visse soos Zuma en Numvula Mokonyane en die EFF se Floyd Shivambo. Ek hoop jy en CR kry die boodskap!

Piet ·

Ek wonder of daar ministers onder die verdagtes is? Ek twyfel!

christa ·

hoop maar dis nie net ‘n groot lawaai nie. Dat daar regtig daadwerklik teen die mense op getree gaan word. Hulle het net geskep en Jan Publiek moes betaal.

ulinda ·

die waarheid is soos ‘n leeu,
dit het nie nodig om verdedig te word nie………..

Eish ·

Uiteindelik gebeur daar iets. Laat reg en geregtigheid geskied.

Melt Olckers ·

Die ironie. Binnekort moontlik aan die binnekant van die tronk wat hy moes beveilig het.

Brakenjan ·

Buiteland se briewe het gehelp. Dit is die roete om te volg. Buiteland dankie.
Ons gaan jul bystand nog baie baie baie nodig kry. Staan asb by.

Johan H. ·

Bou nog tronke hiet kom sports. Ons soek die groot honde adb,julle fool ons nie ek sal dit glo as ek hulle fisies agter tralies sien. VERKIESING FOEFIE JY WEET.

Hettie ·

Wat nou van die regtige skelms wat in beheer was ? Word hulle nou weer anders behandel of probeer hulle die buiteland ‘n rat te draai ?

Marius ·

Nou hoekom is geen ministers gearresteer ?????Almal gaan borg kry en saak gaan jare vat.

Anoniem ·

Lekker kry vir julle nou moet hulle net die Watson broers ook aanhou dan kan die hele SA op hul skoene kots

Piet Pompies ·

Ag nee….. nou is my maandelikse belastingvrye geskenk van R100K ook daarmee heen!

Fonnie ·

Moet nie nog geld mors vir die bou van tronke nie. Daar is hope mynskagte wat oud en vervalle is. Gooi hulle somer in die skagte af en vergeet van hulle

johann ·

Nee wag nou, dit verstaan ek nie? Die een wat die beste kaans het om weg te glip, is oorsee en hy is in kennis gestel dat as hy trug kom gaan hy toegesluit word,mmm, ek sal nie trug kom nie, seker die Watsoms wat weg hardloop. Dan hoekom is die klein visse gearesteer en geen groot visse nie, gwen, Zuma en sy seuns, ANC word nie aangeraak nie, maar die whistle blowers gaan tronk toe. Wat ‘n grap. Wat van vorige getuienis voor die Zondo Kommissie, hoekom is hulle verdagtes nie gearresteer nie. Hierdie is alles net ‘n rook skerm en mense gaan daarvoor val!!

Marius ·

CR is seker bang die mense bele nie in Suid Afrika.Hy het net gister gese by mining indaba daar gaan binnekort mense gearresteer word nou waar is die van die ANC wat gearresteer moet word helfte van die parlament????Dit gaan seker sleg lyk vir die ANC.Kom CR wys ons jy doen die regte ding en arresteer die korruptes in die staats diens dadelik voor hulle in Dubai gaan vakansie hou.

Daan Erasmus ·

Ek wil AMPER laat die mense vry. Vergeet van dit.
Rede:
Hulle was Staatsamptenare. Die Staat (ek en jy) gaan moet betaal vir hul regskoste. Vir jare en jare en apel saak na apel saak. Met die duurste advokate.
Na 10 jaar is die helfte dood. Die geld is weg. En ek en jy betaal 2 keer.

LV ·

Die SAPD het op n stadium die gewoonte gehad om as n magsvertoon hul eie lede op n parade voor hul kollegas in hegtenis te neem vir kriminele oortredings,sal dit nie die regte boodskap uitstuur as hierdie selfde beginsel more aand in die parlement toegepas kan word nie???

Hein ·

Miskien het ek dit êrens gemis, maar wie is Bosassa se ouditeure? Hoekom het hulle nie agtergekom dat daar ongeruimdhede plaasvind nie?

GP ·

Gee krediet waar dit toekom. Goed vir jou CR. Voorheen sou dit nie so ver gegaan het nie.
Kom ons hoop dis nie die einde nie.

Johan ·

Amper almal is Bosasa werknemers! Waar is die ANC kaders wat als in ontvangs geneem het?? Weereens net n rookskerm

Kobus Steyn ·

Is daar genoeg oop plek in die tronke anders kan iemand vinnag n paar rand maak om n nuwe een te bou.

Hennie ·

Al sewe staan nou in lyn vir bevordering in ministers poste, hulle kwalifiseer nou.

Neels ·

Alles net n klug en rookskerm , waar is die ministers en anc’s Watsons en kie wat geimpliseer is. Moet die werkers nou alleen die punch vat

Manie ·

is daardie skelm ministers van die anc ook gearresteer. Dit lyk my so al of dit weereens die fluitjieblaser is wat in hegtenis geneem is. Die kriminele anc kan maar net nie van sy kriminele in hegtenis neem

Johan ·

Dis opmerklik dat die betrokkenes by die Gupta skandaal nie dadelik soos hierdie manne gearresteer is nie. Trouens, hulle is toegelaat om die land te verlaat.
Op wie se bevel?
En dan is daar flou verskonings waarom hulle nie uitgelewer kan word nie.
Daar is heelwat onbeantwoorde vrae

Ai ja jai ·

Net vir die interessantheid, die Hawks probeer nou die room skep. Die realiteit is dat hierdie ondersoeke al in 2008/9 deur die SIU (SOE) gedoen is toe hulle DKD ondersoek het met een v hulle proklamasies. Adv Jan Mothibe het al in die openbaar gevra waarom die NVG en Hawks nie lankal die mense voor die hof gebring het. So Gen Lebeya moet nou regtig nie ‘n rookskerm voorhou nie. En die goed is lankal voor die Zondo kommissie bekend. Dis eers nadat die NVG en Hawks gedreig is in die Parlement dat hulle traag iets gedoen het

raymond ·

En die grootse klomp skelms in die regering kom niks oor nie. Begin daar dan kan ons met geloowaardigheid na die hele proses kyk. Hierdie is net ANC oëverblindery.

Dries du Toit ·

Mokonyane was die grootste skelm. Sy moes eerste gearristeer gewees het. Loop sy nog rond

Grysburger Pretoria ·

Niks om oor opgewonde oor te raak nie. Net ‘n paar klerke wat die pak gaan vat. Geen ANC Heiliges gearresteer nie.

TLC ·

Ag kom nou
Ek hoor hul het klaar borg gekry
Als net n rook skerm
O nee regtig
Kan verkeerd wees

Arno ·

Hoekom word geen van die politikuste wat gemoem word gearresteer nie? Net n nog groter korrupte spul.

Schalk ·

Aggenee die”Sondige Kommisie” deur wie aangestel,is dit nie politikuste slaap rustig voort SA.Drakoniese wette word gemaak om deur 40 miljoen om 2 en n half miljoen te onteien.Dieselfde lot stel kommisies aan sorry glo niks meer nie,GATVOL VIR LEUENS,MOORD,VERKRAGTING,AFBRAND,KORRUPSIE,POLITIEKE TOESMEERDERY,OMKOPERY,WETS BEAMPTES WAT BETROKKE IS BY BOEWERY,KAPINGS,BOEWE LAAT ONTSNAP,KINDER EN VROUE MISHANDELAARS.Dan het hierdie diere van die veld verhewe regte en sit in vyf ster tronke alles net sous.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.