7 vas oor ploftoestelle

Van die toestelle waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die polisie het oor die naweek in twee afsonderlike voorvalle in Noordwes en Limpopo altesaam sewe verdagtes in hegtenis geneem vir die besit van ploftoestelle.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die ploftoestelle was moontlik bedoel om kitsbanke mee oop te blaas.

“Die polisie het op inligting gereageer en spesiale operasies in albei provinsies uitgevoer,” het Naidoo gesê.

“In die eerste voorval is beamptes na die Seraleng-nedersetting in Brits, Noordwes, waar drie verdagtes tussen 27 en 29 jaar oud in hegtenis geneem is. Altesaam 20 ploftoestelle is in hul besit gevind, waarop beslag gelê is.”

Naidoo het gesê die beamptes is vandaar na ʼn ander nedersetting waar die polisie na ʼn swart BMW met drie insittendes gaan soek het wat glo beplan het om ʼn kitsbank by ʼn plaaslike winkelsentrum oop te blaas.

“Die voertuig is opgespoor en tot stilstand gedwing. Die polisie het beslag gelê op die voertuig waarin verskeie inkriminerende items gevind is en die drie verdagtes is in hegtenis geneem.”

In die ander voorval is ʼn 36-jarige vrou by die Beitbrug-grenspos in Limpopo in hegtenis geneem.

“Die polisie het ʼn roetine soektog by die grenspos uitgevoer en verskeie dele van ploftoestelle gevind.”

Die verdagtes moet binnekort in die hof verskyn op aanklagte van die besit van onwettige ploftoestelle en sameswering om ʼn misdaad te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Joh ·

EN julle soek wittes se plase deur vir ploftoestelle . as ek so na die vanne kyk is dit nie plaasboere wat met plofstof rondloop nie …

Oni ·

Ek stem saam jou Joh. Hulle kan seker hul vingers afbyt, dat dit nie blanke misdadigers was nie. Ek se misdadigers omdat, in elke blanke iets slegs gesien word.

Oom Kalahari ·

Dit is al bekend dat vroue en kinders gebruik word om as sodanige “Runners” op te tree met smokkelarye in en uit oor die grense. Baie buitelanders gryp die geleenthede aan met beloftes van goeie werke en betalings in SA. Daar mooet ordentlike grens beheer asook volle deursoekings plaasvind om hierdie tipes van plofstof/wapens te kom misbruik en misdaad uitvoer asook onskuldige lewens en skade aanrig.

Cherokee ·

Maroela, wanneer gekyk word na die foto wat julle as toestelle aandui, dan dink ek julle moet miskien die woord verander na plofstowwe.

anton ·

Kan iemand vir my se wie die persone opgelei het en hoe hulle weet om met sulke plofstof te kan werk? En waar kry hulle dit so maklik?
Of kan mens die instruksies iewers net aflaai en sien hoe dit alles werk?
Dalk dink ek dit is iets wat kompleks behoort te wees maar eintelik is dit dalk baie maklik.
Word plofstof nie baie goed bewaar en streng kontrole/boek gehou daaroor nie?
Skuus, ek’t vergeet ons is in Azania!!!

Seemonster ·

Daardie is plofstof en toerusting wat in goud en platinum myne gebruik word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.