7 vas vir nóg 2 moorde op Pampoenkraal

Argieffoto

Sewe verdagtes is Vrydagoggend in hegtenis geneem in verband met twee moorde wat in Augustus verlede jaar na bewering op die plaas Pampoenkraal in Mpumalanga gepleeg is.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê drie van die sewe verdagtes staan ook tereg op die broers Mgcini Amos Coka en Zenzele Coka se moorde vroeër vanjaar op dié plaas.

Hlathi sê twee mense is dood nadat drie mense op 9 Augustus verlede jaar op Pampoenkraal aangerand is.

Volgens Hlathi het die polisie aanvanklik vyf verdagtes geïdentifiseer toe hulle verlede jaar ondersoek ingestel het.

Minstens sewe verdagtes word egter nou in verband met verlede jaar se moorde vervolg nadat die dossier onlangs na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vir ’n beslissing gestuur is.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, het Vrydagmiddag aan Maroela Media gesê daar is vroeër vandeesweek besluit om te vervolg.

Nyuswa sê die sewe verdagtes sal Maandag in die landdroshof in Piet Retief verskyn op onder meer twee aanklagte van moord.

Volgens Hlathi moet ’n agtste verdagte nog in hegtenis geneem word.

Coka-broers

Maroela Media het vroeër berig Amos Coka en Zenzele Coka is op 9 April vanjaar op Pampoenkraal doodgeskiet nadat ’n groep oproerige betogers na die plaas opgeruk het.

Vyf verdagtes is kort ná dié moorde in hegtenis geneem en intussen op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Nóg twee beskuldigdes is intussen op die klagstaat bygevoeg. Dié twee verdagtes het reeds in die hof verskyn waar hulle ook borgtog van R10 000 elk toegestaan is.

Die beskuldigdes sal na verwagting almal saam op 30 Junie weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frank

Nee kyk, die SAP daarso het hulle mes in vir hierdie boere. Hulle WIL iets teen hulle kry.

Annelize

Op ‘n Vrydag. Hoogste vorm v intimidasie?
Mag die waarheid vrymaak en die lig op die skuldiges val

Persheks Adri

Wat dink hulle moes die boere doen met die betogers? Rond staan en mooi lyk terwyl hulle lewens in gevaar is huh? Dis bekotsingswaardig om te dink hulle wil ons ontwapen ook nog!

Persheks Adri

Wat dink hulle moes die boere doen met die betogers? Rond staan en mooi lyk terwyl hulle lewens in gevaar is huh? Dis bekotsingswaardig om te dink hulle wil ons ontwapen ook nog! As dit moord is op swart dan gebeur dit nou, maar nie vir ‘n hel andersom nie. Gaan soek die onwettige wapens nou mors julle tyd!

Rian

Ek hoop hulle kry uitstekende regsverteenwoordiging.