70-jarige in sy bed doodgeskiet

Argieffoto

Die polisie in die Oos-Kaap stel ondersoek in ná ʼn 70-jarige man in sy huis in Seafield doodgeskiet is.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes versoek lede van die gemeenskap om hulle te help om die oortreder aan te keer.

Die man se vrou, wat baie getraumatiseerd is, het gesê sy het Maandagaand laat iemand by hul venster opgemerk en haar slapende man wakker gemaak. “Toe die man wou opstaan, het die aanvaller, wat by die slaapkamer se venster gestaan het, sy lyf deur die venster gedruk en die man geskiet,” het Govender verduidelik.

Die aanvaller het daarna van die toneel gevlug.

Forensiese kenners het tydens die voorlopige ondersoek beslag gelê op ʼn kledingstuk wat vermoedelik aan die aanvaller behoort. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Brig. Morgan Govender, bevelvoerder van Port Alfred, het gesê hulle is geskok oor die voorval en betuig hul meegevoel met die vriende en familie van die slagoffer. “Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om die SAPD by te staan met hul ondersoek.”

Enigiemand met inligting kan Crime Stop skakel by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Msp ·

So word Suid Afrikaners se ou mense dag vir dag uitgewis deur lafhartige krimmenele en die sogenaamde regering en opesisie party knyp hulle oë styf toe.

Gert ·

n Spul gemors en lafaards!! So sal Ramaphosa bly ontken sulke wreedhede bestaan nie, duidelik hy en sy gespuis het nie n idee wat aangaan nie.
My innige simpatie met die familie wat agterbly.

Philip ·

So die publiek moet alweer help om die skuldige aan te keer. Die polisie is te vrot om hulle werk te doen. Die ou mense word gedurig aan geval. Die lafaarts moet hang. Die arme tannie wat nou alleen agterbly. Simpatie met familie.

Hennie ·

Ja weereens die gewone mense wat moet help. Wanner dring dit tot hulle duer om self die werk te doen .

Roberto Betta ·

The older generation built this country and this is how we repay them? Shameful!

IK ·

Afgesien van buitesensors staan daar ook ‘n hangkas voor my slaapkamer se venster reeds oor hierdie ding. Die invloed van minder lig in die vertrek is minimaal.

christa ·

en as die boosdoener geskiet is, was die man verseker viir moord aangekl maar die verdomde gemors mag maar moor soos hulle wil. Soooo jammer vir sy vrou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.