70-jarige vrou verkrag, beroof

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

ʼn 70-jarige vrou is Donderdagoggend in haar huis in Vierfontein buite Viljoenskroon in haar huis verkrag en van kontant beroof.

“Sy het omstreeks 04:00 die oggend haar deur oopgemaak sodat haar hond kon uitgaan,” sê kapt. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie. “Sy het teruggekeer na die deur waar ʼn man met ʼn mes reeds vir haar gestaan en wag het.”

Die aanvaller het haar na ʼn kamer gedwing, haar aangesê om haar klere uit te trek en haar verkrag. “Hy het daarna vir kontant gevra en sy het R300 kontant uit haar beursie vir hom gegee. Hy het haar toegelaat om haar klere aan trek voor hy van die toneel gevlug het.”

Die vrou het haar bure gekontak en hulle het die polisie ontbied. “Die verdagte is nog voortvlugtig. ʼn Saak van verkragting en huisroof word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.