70 onwettige myners in Welkom aangekeer

Altesaam 70 onwettige myners is op 19 Augustus 2016 in Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem (Foto: SAPD)

Altesaam 70 onwettige myners is op 19 Augustus 2016 in Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem (Foto: SAPD)

Altesaam 70 onwettige myners, almal uitlanders, sal Maandag in die landdroshof in Welkom in die Vrystaat verskyn op aanklag van poging tot gouddiefstal, onwettige betreding en die oortreding van die immigrasiewet.

Veiligheidsbeamptes by die myn het Vrydag die polisie ontbied om hulle in kennis te stel van onwettige myners wat van ondergrond uit die Eland-skag gekom het, het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, gesê. Die polisie het die 70 onwettige myners, beter bekend as zama-zamas, in hegtenis geneem met behulp van veiligheidspersoneel by die myn.

Hulle wou glo ontsnap van metaangas ondergrond. Hulle is almal van Lesotho, Mosambiek of Zimbabwe.

Thakeng het gesê onwettige mynbedrywighede is ʼn groot kommer, en die inhegtenisneming word as ʼn deurbraak beskou in die polisie se poging om die misdaad hok te slaan.

Die liggame van verskeie onwettige myners is onlangs van ondergrond by die Bambanani-myn in Welkom uitgehaal. Meeste van dié myners was van Thaba-Tseka in Lesotho afkomstig. Hulle naasbestaandes sal van Lesotho reis om hulle liggame uit te ken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jakkalas ·

Waarop die polisie wel moet toeslaan is die “besighede” wat die goud by die zamas koop en onder die kamastige “2nd hand gold dealers” vaandel wegkruip. Hulle maak miljoene uit die arm siele wat enige iets sal doen vir geld. Tot hulle lewens waag……

Paula ·

Gaan vang eerder die moordenaars en skelms in die strate. Hierdie ouens stel hul eie lewens in gevaar om aan die lewe te bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.