700 vuurwapens word vermis

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Meer as 700 vuurwapens wat aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens behoort, is die afgelope jaar gesteel of het verdwyn.

Polisieminister Nathi Nhleko het in antwoord op ʼn parlementêre vraag van Dianne Kohler Barnard, die DA se woordvoerder van polisie, gesê altesaam 743 vuurwapens het uit polisie-aanhouding verdwyn. Die grootste aantal, naamlik 165, was in KwaZulu-Natal.

In die Oos-Kaap het 150 vuurwapens verdwyn en in Gauteng is 139 vuurwapens as vermis of gesteel aangemeld.

Dit is egter ʼn verbetering op 2013/2014 toe die polisie 773 vuurwapens verloor het en 2012/13 toe 840 vuurwapens verdwyn het.

Bron: Maryna Lamprecht, Media24 Parlementêre buro

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Peet Schabort ·

Jiggie jiggie jiggie !!! Dan is dit by hulle waar daar aansoek/hernuwing van vuurwapenlisensies gedoen moet word!?
Is wolf nou skaapwagter ook in sekere gevalle?

cobus ·

Ja en hoeveel wettige gelisensieërde eienaars word besteel? Ons pas ons wapens op en verkoop dit nie op swartmark nie, maar word beperk. Swak beheer en gebrek aan dissipline.

Monty J Kroezen ·

Hemel dit is nou seker weer die wettige wapen eienaars se skuld

boer ·

En met die wapens wat “weg” geraak het word daar nou weer gemoor en geroof in ons “sonskyn” land. Word die eienaars van die wapens ook nou aangekla vir nalatigheid, soos ons wetgehoorsames wat wapensd besit???? Nee hoekom sal dit nou gebeur. Die land maak my siek met sy dubbel standaarde

Dennis ·

Geen probleem net 2356 vuurwapens is verkoop afgelope drie jaar en kyk elk jaar versleg verkope dit is briljant, Al hierdie Polisie verkoops manne moet afgedank word verkope moet groei nie daal nie!!!!!!

scalla ·

Hoe kan daar gese word dat dit darem n verbetering is op die vorige jaar, een verlore/gesteelde wapen is een te veel, skryf dit toe aan onbevoegdheid

marianna ·

big deal!!!!!! 30 minder wapens is gesteel is dit iets om op trots te wees

scalla ·

Hoe kan daar gese word dit is n verbetering op die vorige jaar, dit is meer as 2 wapens per dag, een gesteelde/verlore vuurwapen is een te veel, skryf dit eerder toe aan onbevoegdheid.

Wilhelm ·

Nog ‘n voorbeeld van ons regering se lamsakkigheid. Dissipline en om te dissiplineer ken hule nie.

ladybug ·

Dis onmoontlik om jou vuurwapen net te verloor … dit word eerder verkoop aan kriminele vriende wat dit weer op hul beurt in misdaad gebruik!!!! Hierdie wat hul wapens verloor of beweer dit is gesteel moet SUMMIER afgedank word en aangekla word van nalatigheid want ons gewone landsburgers loop mos daardie paadjie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.