Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het plaasgevind terwyl al die inwoners van die oord glo om 08:00 saam ontbyt geëet het in die oord se eetsaal.
“ʼn Werker was besig om ontbyt op te neem na een van die inwoners wat nie saam met die ander geëet het nie en het rook op die boonste verdieping gewaar,” het Naidu gesê.
Volgens Naidu het die werker ondertoe gehardloop en almal in kennis gestel van die vuur. “Al die bejaardes is uit die gebou verwyder.” Een van die inwoners het egter in die brand gesterf.
In dié stadium is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie.
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.