72-jarige brand dood in versorgingsoord

Foto: ANA

ʼn 72-jarige man het Vrydagoggend in ʼn versorgingsoord in Morningside in Port Elizabeth doodgebrand.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het plaasgevind terwyl al die inwoners van die oord glo om 08:00 saam ontbyt geëet het in die oord se eetsaal.

“ʼn Werker was besig om ontbyt op te neem na een van die inwoners wat nie saam met die ander geëet het nie en het rook op die boonste verdieping gewaar,” het Naidu gesê.

Volgens Naidu het die werker ondertoe gehardloop en almal in kennis gestel van die vuur. “Al die bejaardes is uit die gebou verwyder.” Een van die inwoners het egter in die brand gesterf.

In dié stadium is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.