72-jarige op plaas vermoor

Argieffoto

ʼn 72-jarige vrou se liggaam is Dinsdagoggend in ʼn huis op ʼn plaas naby Chrissiesmeer in Mpumalanga gevind nadat sy vermoedelik Maandagaand vermoor is.

“Die vrou se liggaam is in die badkamer gevind waar sy vasgebind was,” het sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, gesê. Sedibe kon nie onmiddellik bevestig wie op die vrou se liggaam afgekom het en of sy alleen op die plaas gewoon het nie.

“In dié stadium vermoed ons dat die oorledene verwurg is, maar ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bevestig.”

Sedibe het gesê die vrou se bakkie was vermis, maar is later verlate naby Tjakastad opgespoor. Hy het gesê dit is nie in die stadium duidelik wat nog uit die huis gesteel is nie.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Sedibe het ʼn beroep op die publiek gedoen om enige inligting oor die voorval by hul naaste polisiestasie aan te meld.

Die oorledene se naam kan eers bekendgemaak word wanneer al haar naasbestaandes van haar dood ingelig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

CWS ·

Op 72 nog alleen op plaas?…Nee regtig kyk…..na al die gruweldade????

Kas ·

Janee regtig as die lesers familie het wat op plase woon, laat hulle bywoners kry, gee aan werklose jong blankes blyplek.

Jona ·

@Kas, soos die jong blanke man wat in Mooinooi plek gekry het?

Bietjie bietjie ·

Jy ken mos nie die omstandighede nie !
So maklik vir jou om jou opinie te lewer !
Dink jy regtig die dame sou daar alleen bly as sy ñ ander opsie of heenkome gehad het ?

Jannah Downes ·

Ek verstaan nie hoekom die karre altyd verlate gevind word nie, of erens uitgebrand gevind word nie?
Eintlik verstaan ek niks van hierdie tipe moorde nie. Dis so sinneloos dat ‘n bejaarde persoon wat geen weerstand kan lewer nie vermoor moet word. Ek is ‘n staatsaanklaer en ons sien elke dag hierdie tipe sake, dis hartsverskeurend.

Maurie ·

Jy’s kamma n staatsaanklaer, maar verstaan nie hoekom die karre verlate of gebrand gevind word nie?? Dan moet jy maar weer gaan swot, en dié keer oplet.

Pop ·

Jannah die doel is om te moor. Dis net dit. Dis nie vir die regering sinneloos nie. Grond hervorming op sy vinnigste. As daar n wapen te vat is is dit n Score. Voertuie word net gebruik om vinnig weg te kom.

Boer ·

Ten minste pas hierdie goed in met Ramaposa se grondhervorming. Ek glo nie die polisie gaan hierdie boosdoenets so vinnig opspoor soos die mense wat polisiestasie aangeval het nie

phillipvandyk ·

die polisie het daardie klomp summier ge-execute voor hulle kon getuig teen die polisie. dis al. die 5 en weermag man was deel van die sindikaat wat as jy wil uit stap betaal jy met jou lewe.

PJC ·

So tragies. Ongelukkig kan ń mens nie reguit sê wat jy hiervan dink nie want in die nuwe SA is dit mos rassisme. Intussen bloei die nasie terwyl almal probeer om polities korrek te wees.

Dafer ·

1. CWS – ek stem saam met jou, maar oumense wat nie geld het nie, het nie keuses nie. Famielie – hulle gee nie om nie. Dit is die s\Afrikaner vir jou!
2. Jong blankes is meer betroubaar? Ek is nie altyd so seker nie!
3. Jannah – Julle, die mense wat die dinge sien, doen niks daaraan nie!
4. Boer – die opsporing en uitwissing van die mense waar jy van praat, was niks anders as summiere terregstelling nie! Ek is seker daarvan dat die dade van die polisie daardie dag onwettig was! Al was dit ‘na bewering’ skuldiges! Dit is nie aanvaarbaar nie!!!
4. PJC – ek stem saam, maar hierdie onderwerp moet bespreek word en aangepak word!
F die politiek! Ons moet humanisme, as daar so woord bestaan, bevorder!!!

Ronel ·

Dafer sjoe! My ma is in haar 80’s en sy weier om uit haar huis te trek! Moet ek haar optel en uitdra? Moet ek haar vasbind en in ‘n ouetehuis gaan stop al skree sy? En ek en my broer is baie baie lief vir haar, maar sy weier om te trek!

Ankha Rabie ·

Haar man is nie te lank terug oorlede. Ek raai sy kon nie die huis agterlaat waarin hulle hul lewens saam deurgebring het en kinders groot gemaak het. Haar kinders is baie lief vir haar en ek dink hulle het haar kans gegee om deur als te werk. Of dalk die plaas probeer verkoop met geen sukses. Ek weet net die familie is baie lief vir mekaar. Moet asb nie sulke aantuigings maak as julle nie hulle eens ken.

Willie ·

Dis so jammer, did eindelik almal se grondwetlikke reg om veilig te bly. Behalwe vir blankes in die land. Kyk maar na gister se debat oor grond. Hulle haat die blankes… did n feit! En die blankes wat so aan hulle lippe hang, gaan eerste die teikens word…

PositieweHouding ·

Dankie vir jou kommentaar, Ankha. So jammer vir die familie en wat hulle moet deurmaak. Suid-Afrikaners is baie vinning om die slagoffer te blameer – veral sogenaamde “keyboard warriors”

Jona ·

Nou waar is al die Cyril mense??? Julle wat so gemaak het asof hy die A en Omega is. Hy bly die ANC en van die begin af n voorstander van grondvat. Dié is op sy hande.

Elsa ·

Al hierdie onsinnige moorde en aanvalle moet nou na die Parlement gestuur word, by name Ramaphosa, help nie ons lees en lewer kommentare nie….ook die paaie optogte, wat het dit te doen met motoriste?? Landsleiers moet nou optree

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.