72-uur aksieplan geaktiveer ná moord op polisiekaptein

Argieffoto

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het hom ten sterkste uitgespreek oor die moord op ʼn polisiekaptein in die Oos-Kaap.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die 50-jarige kaptein is Woensdag omstreeks 02:30 in Tshiwulastraat in New Brighton in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Die beampte was verbonde aan die polisie se eenheid vir beskerming en veiligheidsdienste in King William’s Town en was net tydelik in New Brighton ontplooi. Naidoo het gesê sy naam word weerhou totdat sy familie in kennis gestel is.

“Die omstandighede rakende en die motief vir die moord sal deel uitmaak van die polisie se ondersoek. Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die beampte verskeie kere in die kop geskiet is en dat sy dienspistool gesteel is,” het Naidoo gesê.

Sitole het gesê hy het opdrag gegee dat die polisie se 72 uur-aksieplan geaktiveer word.

Dié plan behels die onmiddellike mobilisering van kritieke hulpbronne waaronder misdaadintelligensie, forensiese kenners, die Valke asook taktiese spanne.

Sitole het ook ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting oor die “sinnelose” moord op die kaptein om na vore te kom. Inligting kan via die misdaadstoplyn by 08600 10111 deurgegee word en sal streng vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Delia ·

Ek glo dat moorde op die polisie hoogste prioriteit moet geniet met lewenslange tronkstraf sonder opsie van parool en agter tralies tot die einde.

Wonder maar ·

Delia. Enige persoon se moord moet die hoogste prioriteit wees!!!! Nie net ‘n polisieman nie. Waarom kom die Sitole nie met sy plan om ons mense wat op plase bly ook te beveilig nie?

HPV ·

Jammer dat nog ‘n polisieman moes sterf in die anargistiese helhool van die anc regime, nog een van meer as 50 moorde per dag en ons tel voort.

Plaasmoorde....? Enige moord....? ·

Ek dink enige moord moet die hoogste prioriteit geniet! Wat maak die polisie beamptes wat vermoor word beter as die van enige ander lewe wat geneem word? Dis nie asof die polisie vreeslik hard werk om moordenaars op te spoor of veiligheid bied aan die gemeenskappe nie….

Alle lewens tel ·

Dis darem interessant hoe vinnig daar gespring word as die vermoorde ‘n polisieman is. Alle burgers se moorde behoort dieselfde prioriteit te geniet. Of is polisielede nou belangriker as ander mense?

Mapstieks ·

Jy is regtig spesiaal……dalk net n sterker woord gebruik om spesiaal te vervang. So met jou stelling regverdig jy die moord op n polisie beamte omrede, volgens jou, hulle nie genoeg doen om moordenaars te vang nie……. Jy besef ook dat die Polisie wel menige moordenaars in hegtenis neem en dan word hul vrugelaat, nie deur Polisie nie, maar deur Justisie. Wens mense wil dit begin besef en nie altyd die Polisie blameer nie.

Ai.... ·

Duidelik het jy nog nie gesien wat in die polisie diens aangaan nie, of dalk het jy…. miskien is n familielid deel van die polisie? Ongelukkig is daar net n handjie vol beamptes wat werklik hul werk doen vir die res is dit net om salaris te ontvang elke maand! En natuurlik wil ek dankie se aan die beamptes wat regtig moeite doen in hul werk!

Nettie ·

En ek glo of sal gou hoor van ‘n AKSIEPLAN VAN 72 UUR TEEN PLAASMOORDE?????????

Hoopvol ·

Sal wonderlik wees, as die plaasmoorde/alle moorde dieselfde aandag geniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.