73-jarige verdrink in Virgin Active-swembad

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Virgin Active)

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Virgin Active)

ʼn 73-jarige man het Donderdag in die swembad by die Westville Virgin Active in KwaZulu-Natal verdrink.

Paramedici het ongeveer 45 minute lank tevergeefs gespook om hom by te bring. Garrith Jamieson, woordvoerder van RescueCare, het aan News24 gesê paramedici is net ná 09:00 na die gimnasium ontbied.

“Personeellede van die gimnasium het hom reeds uit die water gehaal en met KPR begin,” het Jamieson gesê. “Die man het met sy gesig na onder in die water gedryf toe hy aangetref is. Ons weet nie veel meer in hierdie stadium nie.”

Paramedici het by die personeellede oorgeneem. Hy is langs die swembad dood verklaar.

Virgin Active was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

Bron: Jeff Wicks, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.