74 kerkgangers beseer toe bus omslaan

Volgens die Underberg-nooddiens (UEMS) het chaos op die toneel geheers. (Foto: UEMS/Twitter)

Altesame 74 mense, onder wie 14 kinders, is beseer toe ʼn bus met kerkgangers Sondag omstreeks 09:30 op die Coleford-pad, naby die Umzimkulu River Lodge in die omgewing van Underberg in KwaZulu-Natal, teen ʼn wal afgerol het.

Volgens die Underberg-nooddiens (UEMS) het chaos op die toneel geheers.

Die busbestuurder het om ʼn skerp draai beheer oor die voertuig verloor, dit het van die pad af gery en teen ʼn wal afgerol.

Passasiers se beserings het gewissel van matig tot ernstig en die hulp van ander nooddienste is ingeroep op die talle beseerdes na verskillende hospitale te neem.

Die oorsaak van die ongeluk is in hierdie stadium nog onduidelik en word deur die plaaslike owerhede ondersoek.

Altesame 74 mense, onder wie talle kinders, is beseer. (Foto: UEMS/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tanja ·

Ek is nie ń kenner op diè gebied nie, maar die bus lyk na ń dood gewone bus wat ń maximum passesiers van 45 mense mag vervoer, hoeveel mense was dan in diè bus as daar 74 beseer is? hoeveel is nie beseer nie?

marius ·

Skerp draai en beheer verloor . Wat anders is die oorsaak ?

Misky ·

Spoed en onverskildig bestuur. Ek vroeer al dit gesê en MM verwyder my kommentaar.

Dup ·

Hierdie onnodige tragedies kom omtrent elke dag voor.As dit nie ñ bus is nie,is dit ñ taxi.Die bestuurders en baie van die voertuie is heeltemal onpadwaardig.

Porseleintjie ·

74 kerkgangers in die bus maar net 50 ini kerk? Zuma dek seker ook hier die agterhoede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.