750 werkers by chroommyn afgedank

Argieffoto

Argieffoto

ASA Metals en Dilokong-chroommyn in Limpopo gaan 750 werkers afdank as deel van ʼn herstruktureringsplan.

“Die maatskappy moet noodgedwonge ʼn herstruktureringsplan instel wat gaan lei tot ʼn beduidende afname in bedrywighede, insluitend die aantal werknemers,” het Denzil Blignaut, hulpbronnebestuurder van ASA Metals, gesê.

ASA Metals het in ʼn brief aan die National Union of Mineworkers (NUM) gesê ʼn drie dae lange onbeskermde staking in Oktober verlede jaar deur lede van die vakbond het tot ʼn 15% daling in produksie gelei.

Volgens Blignaut het die maatskappy bedrywighede in Oktober opgeskort en is tans besig met instandhouding op sy smeltoond. Bykomende faktore wat tot die beplande afleggings gelei het, is die maatskappy se beweerde verslegtende finansiële posisie, onrus in die gemeenskap, onder-begroting prestasie, en die daling in die prys van ystererts.

“Daar is ongelukkig ʼn dringendheid in hierdie verband, weens die finansiële posisie waarin die maatskappy homself bevind,” lui die brief. “Dit is hoofsaaklik toe te skryf aan die daling in die prys van ystererts en ferrochroom.”

Indien die afleggings onveranderd voortgaan, sal slegs 317 werkers oorbly, terwyl verdere werksverliese onder kontrakteurs ook ʼn moontlikheid bly.

Blignaut het gesê ASA Metals besef die proses is traumaties vir sy werknemers.

NUM se bestuur het intussen die plan beskryf as ʼn “sameswering deur ASA Metals” om ondergrondse bedrywighede te kanselleer. “Die maatskappy wil hul ondergrondse bedrywighede verkoop en die smeltoond behou,” het Philip Mankge, streeksekretaris van NUM, Dinsdag beweer. Mankge voer aan dat ASA Metals die vakbond en sy lede “uitgesluit” het en onderhandelings oor die saak opgeskort het. “Die maatskappy wil nie met ons onderhandel nie, en ons veroordeel dié gedrag.”

Musa Magagula, streeksvoorsitter van NUM, het gesê die afname in vervaardiging is, in teenstelling met dit wat ASA Metals gesê het, die gevolg van swak bestuur. Hy het gesê aandeelhouers moet ingelig word oor bestuur se versuim om die maatskappy te lei tot maksimum vermoëns. “Die maatskappy kan baie meer vervaardig,” het hy gesê. “Ons weet die probleem is arrogante bestuur.”

Werkers het gesê hulle is geskok dat hulle beskuldig word vir die drie dag lange staking en gevolglike produksieverliese.

Altesaam 253 werkers het op 23 Oktober ʼn sitstaking ondergronds gehou. Hul griewe het onder andere gehandel oor vakbondleiers by die myn. Die werkers het gesê hulle is vol verwagting dat hulle verligting in ʼn hof sal kry. Philip Phiri, een van die werknemers wat afgedank is, het aan ANA gesê hy is bevrees dat skuldeisers sy eiendom gaan terugvat. “Ons hoop net die vakbond kry vir ons ʼn oplossing,” het hy gesê. Phiri het gesê hy kan nou ook nie sy kinders se skooluniform of skoolgelde bekostig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bets Bothma

Kan werkers nie vir kleiner salarisse werk en nog steeds n werk behou nie? Besef mense wat gaan gebeur in ons land nie? N kleiner salaris is beter as geen salaris!

Adoons

Daar het jy dit nou: die slimmerds het hulself uit ‘n werk gestaak….

Johann Marx

En dit is wat ek nie verstaan nie. Ek was ook op ‘n tyd ‘n eienaar van ‘n sake-onderneming. EK, het die konsep ontwikkel. EK, het my spaargeld gevat en die besigheid op die been gebring. EK, het die kliënte gekry, die werk gedoen, personeel aangestel, materiaal aangekoop, bemarking gedoen, admin gedoen, begroting opgestel, vorms ingevul, kwaliteitsbeheer toegepas, opleiding gedoen, en verantwoordelikheid gevat vir alles wat daar gebeur het. Op ‘n dag het ‘n man by my hek opgedaag, en vir my begin voorskryf HOE ek my besigheid moet bedryf, volgens die voorskrifte en eise van die werknemers. Nodeloos om… Lees meer »

Kiewiet

Johan jy verwoord presies wat met honderde van ons Kleinsake-ondernemings gebeur. Party kan hul besigheid verkoop, ander kan nie en maak maar uit moedeloosheid toe. Ons is van die wat nog dag na dag voort ploeter weet ook nie meer vir hoe lank nie, want kort kort is daar weer nuwe voorskrifte en wetgewing wat alles vir die Werkgewer net moeiliker maak. Al hierdie dinge veroorsaak nog net meer werkloosheid. n Goeie gesonde ekonomie word gerugsteun veral deur klein sake ondernemers en enterpreneurs.

DPJ

Johann, uitstekend gestel. Waar marksisme/kominime navore kom bloei ekonomie dood. Werker moet werk asof hulle nie vir hulself werk nie.