750 werkers by chroommyn afgedank

Argieffoto

Argieffoto

ASA Metals en Dilokong-chroommyn in Limpopo gaan 750 werkers afdank as deel van ʼn herstruktureringsplan.

“Die maatskappy moet noodgedwonge ʼn herstruktureringsplan instel wat gaan lei tot ʼn beduidende afname in bedrywighede, insluitend die aantal werknemers,” het Denzil Blignaut, hulpbronnebestuurder van ASA Metals, gesê.

ASA Metals het in ʼn brief aan die National Union of Mineworkers (NUM) gesê ʼn drie dae lange onbeskermde staking in Oktober verlede jaar deur lede van die vakbond het tot ʼn 15% daling in produksie gelei.

Volgens Blignaut het die maatskappy bedrywighede in Oktober opgeskort en is tans besig met instandhouding op sy smeltoond. Bykomende faktore wat tot die beplande afleggings gelei het, is die maatskappy se beweerde verslegtende finansiële posisie, onrus in die gemeenskap, onder-begroting prestasie, en die daling in die prys van ystererts.

“Daar is ongelukkig ʼn dringendheid in hierdie verband, weens die finansiële posisie waarin die maatskappy homself bevind,” lui die brief. “Dit is hoofsaaklik toe te skryf aan die daling in die prys van ystererts en ferrochroom.”

Indien die afleggings onveranderd voortgaan, sal slegs 317 werkers oorbly, terwyl verdere werksverliese onder kontrakteurs ook ʼn moontlikheid bly.

Blignaut het gesê ASA Metals besef die proses is traumaties vir sy werknemers.

NUM se bestuur het intussen die plan beskryf as ʼn “sameswering deur ASA Metals” om ondergrondse bedrywighede te kanselleer. “Die maatskappy wil hul ondergrondse bedrywighede verkoop en die smeltoond behou,” het Philip Mankge, streeksekretaris van NUM, Dinsdag beweer. Mankge voer aan dat ASA Metals die vakbond en sy lede “uitgesluit” het en onderhandelings oor die saak opgeskort het. “Die maatskappy wil nie met ons onderhandel nie, en ons veroordeel dié gedrag.”

Musa Magagula, streeksvoorsitter van NUM, het gesê die afname in vervaardiging is, in teenstelling met dit wat ASA Metals gesê het, die gevolg van swak bestuur. Hy het gesê aandeelhouers moet ingelig word oor bestuur se versuim om die maatskappy te lei tot maksimum vermoëns. “Die maatskappy kan baie meer vervaardig,” het hy gesê. “Ons weet die probleem is arrogante bestuur.”

Werkers het gesê hulle is geskok dat hulle beskuldig word vir die drie dag lange staking en gevolglike produksieverliese.

Altesaam 253 werkers het op 23 Oktober ʼn sitstaking ondergronds gehou. Hul griewe het onder andere gehandel oor vakbondleiers by die myn. Die werkers het gesê hulle is vol verwagting dat hulle verligting in ʼn hof sal kry. Philip Phiri, een van die werknemers wat afgedank is, het aan ANA gesê hy is bevrees dat skuldeisers sy eiendom gaan terugvat. “Ons hoop net die vakbond kry vir ons ʼn oplossing,” het hy gesê. Phiri het gesê hy kan nou ook nie sy kinders se skooluniform of skoolgelde bekostig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Bets Bothma ·

Kan werkers nie vir kleiner salarisse werk en nog steeds n werk behou nie? Besef mense wat gaan gebeur in ons land nie? N kleiner salaris is beter as geen salaris!

Henri ·

Bets, Duidelik het jy nog nooit ‘n besigheid bedryf nie, dalk was jy ook nog nooit so sleg daaraan toe dat jy nie ,n bediende kon bekostig nie. Wat sou jou keuse wees, hipotesies gestel, as jy moes kies tussen honger ly om ‘n bediende te behou of te laat gaan om self te kan oorleef. Veral in die tyd waar ons NOU is en nie weet presies hoeveel ons in die komende jaar meer aan produkte, lenings ens. sal moet bestee nie , a g v jy weet wie? ( begin met Z)

Johan ·

Van hierdie ouens het ‘n paar dae ondergrond gesit en staak, en daarna was daar baie onrus in die area en gemeenskap oor meer werk en meer geld. Nou het hulle dit, maar vir korter tyd as waarvoor hulle “gebargain” het.

Adoons ·

Daar het jy dit nou: die slimmerds het hulself uit ‘n werk gestaak….

Johann Marx ·

En dit is wat ek nie verstaan nie. Ek was ook op ‘n tyd ‘n eienaar van ‘n sake-onderneming. EK, het die konsep ontwikkel. EK, het my spaargeld gevat en die besigheid op die been gebring. EK, het die kliënte gekry, die werk gedoen, personeel aangestel, materiaal aangekoop, bemarking gedoen, admin gedoen, begroting opgestel, vorms ingevul, kwaliteitsbeheer toegepas, opleiding gedoen, en verantwoordelikheid gevat vir alles wat daar gebeur het. Op ‘n dag het ‘n man by my hek opgedaag, en vir my begin voorskryf HOE ek my besigheid moet bedryf, volgens die voorskrifte en eise van die werknemers. Nodeloos om te sê….ek het die besigheid teen ‘n wins verkoop, en die “voorskriftelikes” sit nou in die naaste informele nedersetting op die sypaadjies en smeek en hoop vir ‘n daaglikse tuinwerkie, of ‘n koppie sop by die NG Kerk se sopkombuis. Toe hulle vir my gewerk het het elkeen ‘n inkomste gehad, het geld geleen, het bonusse gekry, was medies versorg, het verlof gekry, is baie dae betaal vir GEEN produktiwiteit nie want dis nie hulle skuld as dit reën nie, is opgelaai en afgelaai BY hulle voordeure, kinders se skoolgeld is betaal…….tot hulle op ‘n dag besluit het dis eintlik EK wat vir HULLE moet werk. Hulle wat NIE die besigheid begin het nie, wat geen bemarking doen nie, wat geen kliënte skakeling doen nie, wat geen materiaal aankoop nie, wat geen gehaltebeheer toepas nie, wat geen verantwoordeliheid vat vir die kwaliteit van hulle vakmanskap nie, en geen admin doen nie. En tot hulle verbasing was ek nie te vinde daarvoor nie, en toe “bedank” ek…..en nou? Nou’s hulle kwaad vir my omdat hulle in ‘n squatterkamp op die sypaadjie sit. En hulle dreig my…..

Kiewiet ·

Johan jy verwoord presies wat met honderde van ons Kleinsake-ondernemings gebeur. Party kan hul besigheid verkoop, ander kan nie en maak maar uit moedeloosheid toe. Ons is van die wat nog dag na dag voort ploeter weet ook nie meer vir hoe lank nie, want kort kort is daar weer nuwe voorskrifte en wetgewing wat alles vir die Werkgewer net moeiliker maak. Al hierdie dinge veroorsaak nog net meer werkloosheid. n Goeie gesonde ekonomie word gerugsteun veral deur klein sake ondernemers en enterpreneurs.

Pieter.v ·

Dis die vakbonde wat verantwoordelik is vir die toestand wat die land in is die anc dans na die pype van die unies die meeste is kommunisties ,se die land en hulpbronne behoort aan die mense maar in werklikheid is dit die leiers wat in weelde lewe hul kinders na privaat skole stuur,lang blink motors ry terwyl die stakendes geen salaris kry ,kry die vakbond leiers steeds n buite verhouding hoe salaris , as die stakendes n verhoging kry so ook die vakbond leiers en so kweek hulle die leiers en die anc n groep wat soos konings lewe die land onder gaan.

DPJ ·

Johann, uitstekend gestel. Waar marksisme/kominime navore kom bloei ekonomie dood. Werker moet werk asof hulle nie vir hulself werk nie.

Fanie ·

Daardie 750 werkers wat nou afbetaal gaan word, moet maar by die Unie/s gaan werk vra. Sommer vergoeding oor hulle afgedank is as gevolg van hulle Unie stakings. Hierdie Unie/s is ‘n Euwel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.