76-jarige dood aangetref in Klerksdorp

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Klerksdorp ondersoek ʼn saak van moord nadat Boekie Meyer (76) Saterdag dood aangetref is in sy huis in Irenepark, Klerksdorp.

Kol. Emelda Setlhako, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het aan Maroela Media bevestig Meyer het ʼn skietwond in sy kop gehad. “Hy is in ʼn plas bloed in sy slaapkamer gevind,” het sy gesê.

Hy is op Oukersdag omstreeks 11:50 dood aangetref in sy huis.

Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Die ondersoek duur voort,” het Setlhako bygevoeg.

Meyer was ‘n sakeman en het onder andere boukontrakteurswerk gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Cherokee ·

Michael het in die oggendure van vanmore by sy woonstel in Durban uitgehardloop toe daar by ‘n kar ingebreek is. Hy is onlangs uit ‘n hospitaal ontslaan na ‘n ernstige siekbed. By die motor waar ingebreek is, is hy deur die inbrekers aangeval, aangerand en geskop en hy lê op die oomblik in ‘n hospitaal in ‘n kunsmatige koma met bloeding op sy brein. Hy herken nie sy vrou nie. Dit is hoe Suid Afrika nou lyk. Wat ‘n skrikwekkende plek vir beskaafdes. Mag God Sy Hand oor ons hou.

M. Mulder ·

Dit gaan nog veel skrikwekkender word. Wag tot die SASSA uitbetalings vroeg aanstaande jaar gestaak word…

Cherokee ·

M. Mulder, jy maak ‘n bewering hier wat ‘n raaiskoot of miskien feitelik kan wees, maar ek is verbaas oor wat jy sê van SASSA-uitbetalings. Jy praat van staatspensioene, nè. En ek ken meer as een staatspensioentrekker en is verbaas oor wat jy sê want ek weet wat dit aan hulle sal doen indien jy reg is. Sal graag bevestiging wil hê oor wat jy sê.

Wern ·

Jy is reg. Dit sal ook die groot ineenstorting van die ANC veroorsaak.

Catryn ·

Cherokee, daar is miljoene der miljoene rande korrupsie, amptenare is ook reeds in hegtenis geneem en weet nie of alles wat gesteel is al teruggevind is. Sover is R1.5 m van die R800 miljoen gevind. Daar is glo 17 miljoen wat sassa toelaes kry (dis Desember 2016) bekendgemaak. Waar gaan al die geld vandaan kom as die regering en hul werkers alles steel – iewers gaan iets omval.

Asjas ·

Ek is nie seker wat dit is nie maar die Alzeimer huis waar my skoonma tuis gegaan het in Equestria is steeds besig om onregmatig geld by SASSA te kry wat ons nooit eers in die eerste plek goed gekeur het nie. Toe ons forms vir dit gekry het, het ons reeds geweet ons moet haar daar uitkry. Sy is weg en hulle het steeds aangegaan met die aansoek? Wat staan ons te doen?

Cherokee ·

Dankie vir die verduideliking, Catryn. Êrens het ek daardie deel van die nuus misgelees maar teen die tempo waarin korrupsie plaasvind in Suid Afrika, is dit nie snaaks dat dit gebeur het nie.

Jan ·

En die realiteit is, in hierdie land kan enigeen van ons, op enige plek, enige tyd vermoor word.

andrea van vuren ·

En die Sassa-base hou partytjie sonder die duur koek! Herhaling van Nero speel viool terwyl Rome brand!

Nicolize ·

Nie kritiek…net n n wenk. Die feite hierin is byna alles verkeerd. Ek weet joernaliste kry info by die SAPD en blameer dus nie die publikasie nie.

ekke ·

Nou gee dan die regte “feite”. Een berig sê verskei kere gesteek die een praat van geskiet. Hoop jy kan dan nou die feite met ons deel???

Sune van Heerden ·

Dagsê Nicolize

Kontak ons gerus by [email protected] indien jy ons na ‘n spesifieke kontakpersoon kan verwys.
Ons wil graag seker maak ons berig korrek oor die voorval.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Peet J ·

Maroela Media: Ek het onlangs kommentaar met betrekking tot ‘n ander onderwerp gelewer maar my kommentaar is van die hand gewys omrede dit te lank is moet glo nie meer dan 250 woorde wees nie. Ek sal graag wil weet of die beperking op alle onderwerpe geld .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.