78-jarige vrou ‘wreedaardig’ op plaas vermoor

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn 78-jarige vrou is Vrydagaand “wreedaardig” vermoor op ʼn plaas in Roossenekal buite Groblersdal in Limpopo.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die oorledene se liggaam is deur haar kleindogter gevind.

Sy het talle “oop wonde” aan haar lyf gehad en in ʼn plas bloed gelê.

Ngoepe sê die vrou het talle kneusplekke teen haar lyf wat getuig van harde stampe, en die oop wonde is vermoedelik dié van skerp én stomp voorwerpe wat gebruik is om haar te vermoor.

“Die vrou het haar kleindogter minute vroeër na ʼn buurplaas toe gestuur om iets te gaan haal,” sê Ngoepe. “As dit nie die geval was nie, was sy dalk ook dood.”

Die motief agter die moord is nie bekend nie.

Die polisie in Limpopo het Saterdag ʼn grootskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur.

Enigeen met inligting word versoek om opsporingskommissaris Samson Maseko te kontak by 082 318 9883 of die misdaadstopnommer te skakel by 086 001 0111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Mochelene ·

Dis volks moord, oorlog is op die wit mense verklaar, ons moet net besluit gaan ons nog stil sit en een vir een omval of gaan ons antwoord op die oorlog wat teen ons verklaar is!

Marisa ·

En STEEDS probeer die wêreld dit sien as deel van die ‘normale’ moorde wat elke dag in SA plaasvind.

al ·

Ek stem! Nog ñ faktor is waarom martel en moor as jy alreeds die oormag het om te steel en net eenvoudig te gee pad!
Wat sê die van die samelewing waarin ons bly!

Sus ·

Ongelukkig rapporteer die media slegs in uitsonderlike gevalle die moorde op swart mense. Hulle tel blykbaar nie. Daarom dink witmense daars n volksmoord

al ·

Hoe gaan ons die onregverdige en eensydige media aanpak? As Maroela Media ons nie op hoogte hou nie, sou ons nog in die donker gewees het oor die moorde.

ek ·

Ag man ons almal weet wat die motief is!! Die media en regering kan maar ophou voorgee!

Ouvrou ·

Ons land word rooi gevlek deur burgers se bloed. Dis erger as oorlog geteisterde lande. En ons leiers is besig om te dink waar kan hulle nog niks daaraan doen nie. Is te besig om haat spraak en aanhitserg te bevorder. Iemand gaan ‘n eerste saak teen die staat moet maak vir versuim om beskerming te bied. Daarna sal baie volg en hopenlik sal daar dan aandag gegee word.

Johann ·

Julle vat raak, die mense het net een motief, hulle wil die witmense uitmoor tot daar nie een oor is nie

William ·

Almal Kla en doen niks.
Ons BETAAL vir ons eie ondergang!..
TYD om Belasting te stop!..
Enigste manier wat hulle sal laat besin.

Rudi ·

Stem 100% saam. Daar is net een manier om dit te stop en dit is om ons belasting geld te gebruik om ons eie veiligheidsmagte te gebruik.

Cherokee ·

Holrug storie. En net wanneer ek sê dat julle aan werknemers moet verduidelik hoe hulle hul werkgewers gaan oortuig om nie belasting af te trek van hul salarisse nie, dan bly julle tjoepstil.

Cherokeed ·

En soveel ure na my plasing is julle steeds tjoepstil. Hou op om gekke van julself te maak.

Sus ·

Cherokee, hoe bedoel jy? Eks n stadsvrou en verstaan niks van plaasdinge nie

Mot ·

Ek stem saam. Die motief agter die moord is uit en uit ras gedreef. Dis absoluut lafhartig en babaars. Die media swyg oral oor as daar plaasmoorde plaas vind maar jaag wind na indien die sitsuasie andersom is. Dankie Maroela dat julle berig oor dit. Gebede gaan uit aan die familie en veral die klein dogter.

Mandy ·

Die motief agter die moord is bekend! Sys n bejaarde wit vrou wat op n plaas bly! Regtig hou op jul simpel hou ons weet hoekom sy vermoor is!! Volksmoord op wit mense!!

Stop ·

Die boere moet net stop om kos aan winkels te verskaf en net selektief te verkoop van sekere areas soos boere markte. Op elke winkel is tog n bord van reg van toegang voorgehou. As kos beheer word sal sekuriteit ook beheer kan toe gepas word. Maar net my opinee

Hanna ·

Toe die swart kind v die boer se bakkie afspring en homself morsdood val, was die motief dadelik “rassisme”. Nou wonder mense wat die motief agter plaasaanvalle is… Ag, komaan! Let’s call a spade a spade.

Maretha Els ·

Hanna ons wat op plase woon weet ALMAL eerste instink van plaas werkers en/of hulle kinders is…. as daar moeilikheid is, is spring van die bakkie af. Dit is die reel nie die uitsondering nie. Lees maar koerante, hoeveel het nie al as daar bv weggejaag word na brandslaan of boer sien daar is nie kans teen die vuur-vlug is nou beste besluit, is soveel se eerste instink, spring af. As jy nie met jou eie oe gesien het nie, mag jy nie oordeel nie. Sal hartseer wees as onskuldige mense wat ons kos op die tafel sit, a g v mense(wat in 1994 nog nie eens gebore was en rassisme soms nie eens kan spel nie)as as onskuldige mense veroordeel word.

T ·

Al wat kan werk is om die doodstraf terug te bring vir plaasaanvallers.

Michael ·

Die media is skuldig hieraan dit word berig as net nog ‘n moord hulle moet ras gebruik elke keer as ‘n wit persoon deur swart persone vermoor word kyk hoe vinnig tree die regering op as ‘n ongeluk gebeur en ras word genoem soos in Coligny

Frikkie ·

Doodstraf gaan niks help…hulle word in elk geval nie gevang nie…hofsake hardloop vir maande en jare en in tussen tyd moor hulle nog verder..daar is net oplossing en ons weet wat dit is….

Robert ·

Ten minste is die terugbring van die doodstraf ń tree in die regte rigting. Maar ongelukkig sal dit nie gebeur nie. Mandela self het gesê dit gaan te veel van sy eie mense se lewe kos.

Cherokee ·

Robert, verwys asseblief na enige mediadekking, enige berig, enige iets op Internet oor waar hy dit gesê het en ons sal jou glo. Indien jy dit nie kan wys nie praat jy net hoorsê stories.

Elsa ·

as dit uitlanders is..soos wat gesê word in Coligny deur inwoners…stuur hul terug na hul oorsprong….Suid Afrika miet skoon kom van hierdie bose greep

Johan. H. ·

Hulle se nerens wat die vrou se ras was nie. Baie slim mm

Lynette ·

In GEEN berig in Suid-Afrika word dir kleur v vel genoem nie – dit is polities-korrek om van te skree! In Amerika word in berigte bv.genoem dit was n swartman of n witman wat geroof het en deur die polisie gesoek word- want dit vergemaklik dir polisie se werk en hulle is nie polities-korrek ten alle koste nie

Pieter ·

Wanneer gaan hulle op die verkeerde persoon toeslaan en alle hel breek los.

Fanie ·

Afrikaners se bestaansuitdaging is nie ons klein getalle nie, maar ons dun verspreiding. Minderhede se kwesbaarheid vermenigvuldig as hul oorpresterend, sigbaar, verspreid, ongewild of tussen meerderhede woon wat historiese griewe teen hul het, ekonomies of polities afgunstig is, laer ontwikkeld is, demografies ‘jonger’ volke is, ekonomies armer is, vinnig verstedelik en/of migreer, ‘n hoër aanwas het, met swak gesinsbande, swak skoling en hoê werkloosheid, verpolitiseerd is, ens. Dis onmoontlik om klein groepies te beskerm, hul moet saamtrek in groter konsentrasies. Demografiese probleme noodsaak dus demografiese oplossings. Militêre-, politiese-, of ekonomiese planne gaan nie werk nie. ‘Veg’ die regte geveg, anders verloor jy.

Soessie ·

Fanie! Heel van die onderwerp af…. wat ‘n plesier om jou kommentaar te lees. Wat jy sê maak sin, en my hart klop sommer so warm oor jy ons taal so foutloos gebruik.

Gina Boshoff ·

Daar is nerens genoem watse ras of kleur dit was nie.

Juan ·

Snaaks dat my kommentaar nie gepost word nie.. wonder hoekom..

Middelburger ·

Die vrou word gemartel, geslag en vermink en dit is maar net nog ‘n statistiek. Gaan daar ook so ‘n groot vertoon by die hof wees soos by die ander sensitiewe sake? Gaan die regering ook toesprake op haar begrafnis lewer? NEE!

Trudie ·

Jul moet almal gaan na VVK.co.za en gaan registreer vir self beskikking vir die blankes

Lourens ·

Wil graag by ons regering hoor Wat se Aksie van plan gaan uiteen gesit word om die plaasmoorde te stop en die haatspraak teen die Wittes te stop Die rasisme kom nie meer van Wit af nie maar meestal van Swart mense Hulle atverteer oor media om Wittes te vermoor en nog nooit is daar teen huulle klagtes gele nie en meeste van hulle is in belangrike posiesis Dit breek my hart om te sien hoe hulle die Wittes sleg se Waar hulle n voorbeeld vir die Land moet wees

Johan. H. ·

Binne kort gaan hulle net te ver, Dan moet die regering nie skree ,,, Wat Nounie,,,,

Maretha ·

Wat noem mens nou weer iemand??
wat nie kans sien vir sy eie ras en ‘size’ (portuur)nie ??
en agter af kom soos dief ini nag…..
en onskuldige weerbare oumense afmaai???

Maretha Els ·

Hanna ons wat op plase woon weet ALMAL eerste instink van plaas werkers en/of hulle kinders is…. as daar moeilikheid is, is spring van die bakkie af. Dit is die reel nie die uitsondering nie. Lees maar koerante, hoeveel het nie al as daar bv weggejaag word na brandslaan of boer sien daar is nie kans teen die vuur-vlug is nou beste besluit, is soveel se eerste instink, spring af. As jy nie met jou eie oe gesien het nie, mag jy nie oordeel nie. Sal hartseer wees as onskuldige mense wat ons kos op die tafel sit, a g v mense(wat in 1994 nog nie eens gebore was en rassisme soms nie eens kan spel nie)as as onskuldige mense veroordeel word. EN WORRY, wat 2 dae gelede geantwoord het, jy is SO reg. SAP doen alles in hulle vermoee om nie ons wet gehoorsame burgers se vuurwapen lisensies te hernu nie. Belaglike verskoning aan my was….en ja sit voor jy lees…die hernuwing van my MOTOR LISENSIE WAS NIE AANGEHEG!!!. Nogal van ‘n “kaptein” in SAP. SA Jag en verskeie oud SAP lede het toe voorgestel ek appeleer en vra die betrokke “kaptein” ‘sekere’ vraag. Lang storie kort ek het my lisensie gekry. ABSURD BELAGLIK.

Swartluiperd ·

Dankie aan m.m julle is wakker. Ek wil net sê het julle opgemerk dat dit net m.m is wat oor plaasmoorde en aanvalle berig, daar word nêrens op ander medias of op die so genaamde tv genoem of gemerk nie. NET OP MAROELAMEDIA …..HOEKOM? Papbroeke is bang vir kamtige rassisties. Ek is diep in my sewintig en vrees elke oomblik wanneer is dit my beurt om te veg, jammer ek wag en gaan hul goed verras.

Die motief ·

Die MOTIEF vir die moord is RASSISTIES EN HAAT!!!!!! Hulle het haar dopgehou en dis verseker bekendes wat op plaas woon. So jammer vir die kleindogter,aai,so so onnodig. Baie sterkte vir die familie.

Outop ·

Waar is die genaraals, veldkornette, luite-nante, sersante, ens van Terbl…. se 3-7’s Mag ? ? Gaan ondergronds. Geen sell of media. Huis tot huis. Moet niemand ver-trou. Afluirteraars by huis/werk/kantoor/ bank. Oral. Verder stem ek saam met jul almal. Kort baie amo, spione, stil skerpskit ters & slim agterbakse uitgeslape aanvoer ders. As alle wit velle weg is, plase kaal is, bees/bok ens verorber is, alle bome uitge-brand is vir lig & kossie maak, alle winkels leeg, tot Guptas se steenkool op gesteel & Eskom lankal donker sal ons sien wa kry Zuma & sy spul geld v huise bou, all-pay, blou lug vlugte, ANC parties, ens. Dan ga da we om die stroois geboer word. Hoof man agter pot bier/pap & casel hoender boud in klou. Al die ander moet ma sien kom kla. Praat van agtergeblewenes. Zuma & sy lot gee niks om vir eie arm mense solank hul leka lewe. Hul dink hul is slim om ons te laat uitmoor ma dan moet die ouens we met Tyge & Ryge kom land om land uit stof te help. Hulle kan ni leer uit ander se foute oor grense of werk dai lot ook saam om ons weg te kry. Hulle ka dan ma net inkom, hok opslaan & STEM

Anel ·

Hartverskeurend! Haar famielie se lewens is in n tiepe pyn gedompel wat min begrip voor het.
Mense wat so iets kan doen en wil doen tot elke plaas in die land sonder n boer is sal nooit ooit geluk of voorspoed ervaar nie. Maak nie saak hoeveel grond hulle besit nie. Hulle ken net afbreek. My hart is so seer vir die famielie en vriende.

maria van dyk ·

DIE LAND is besig om sy gat te sien, en ons laat dit toe.

Cilla ·

Dis duidelik dat daar oorlog verklaar is teen die plaasboere. Geen weerlose oumense en vrouens behoort nog alleen op plase te woon nie. Punt. Bring terug die boerekommandos.

C ·

Kill the Boer, kill the farmer het hulle gesing…….kom ons kyk wie aan die einde van die dag die kos gaan voorsien…….dom en nogmaals dom…….ken mos net van afbreek en nie opbou……duidelik soortgelyk aan dit wat mens op national geographic sien

Bees ·

1 van 20 artikels wat bewys oom aartappel se dag waarna wonderwerke en omkeer sou plaasvind is soos ek voorsoel het-bog!

Willie ·

Ou Bees, oom Aartappel het ten minste die vermoee gehad om mense positief te inspireer. Ons moet die ou useless bees maar slag pale toe stuur

Bees ·

Ou willie het my terugvoer laat verwyder. Dit is nou as jy useless argumente teenstrydig met feite het. Dan galop jy so agterbaks oor die horison. Of geen feite nie soos genoeg.

rafel ·

Dit gaan nie ophou nie…nuwe manier van oorlogvoering. Ons dae is getel.

Willie ·

Wat “Doodstraf”, julle so.!!!Die doodstraf is lankal terug. Kyk na al die moorde, die doodstraf is vir hulle n suksesverhaal

Kay ·

Dis volksmoord .. Jammer vir die familie – my oom is al lankal doodgemaak en ons kom nou nog nie lekker daar oor nie .

Ek het n ander probleem met die tipe forum … daar is nou ‘n paar selfaangestelde spel onderwysers op al die poste wat geplaas word wat werklik nou ‘n pyn word en dan is daar ‘n sekere persoon wat maroela polisie speel …. belaglik , niemand hoef niks aan jou te bewys nie !!!!! kan ons asb almal ander mense in vrede laat en die son op hulle sien skyn , of het jy niks ander om te doen as om mense se spelling te ondersoek en mense te ondervra nie … Word Groot jy is ‘n pyn

Genoeg ·

Bees, wees baie versigtig in jou uitsprake, want onthou, God laat hom nie versoek nie. As jy ook op jou kniëe bly en bid vir uitkoms in SA, is daar nog ‘n gebed by die ander miljoen gebede gevoeg. God werk op Sy tyd en nie op ons s’n nie.

Genoeg ·

Bees, wees versigtig met jou uitsprake. Ons Vader laat Hom nie versoek nie. Hy sal op Sy tyd uitkoms gee en ek glo dat dit sal geskied sodra almal van ons op ons kniëe sal gaan en Hom sal erken as ons Redder en Verlosser. Daar is mos nie net 1miljoen mense op die aarde nie!

Kollie ·

Indien dit die kriteria is dat almal eers op hul kniee moet gaan voor enige “uitkoms”, kan jy maar vergeet. Gaan nie gebeur nie.

Mertz ·

Dit het alles te doen met rasse haat aangehits deur Zuma Malema dit het tyd geword dat die geliefdes van die oorledenes die staat dagvaar Op die oomblik is ons in n eensydige oorlog swart teen wit dit moet Nou weersydig word

Hennie ·

Sekere mense het nie ‘n motief nodig vir so ‘n moord nie. En dan is daar sekere ander mense wat dit geniet en op sosiale media verkondig dat hulle juig hieroor. Siek!!

Arnold ·

Ekt vanoggend vroeg weer gehoor van ‘n vermoedelike mislukte kaping waarin 4 mense in gedood is. Seker almal die onskuldiges. Ja as almal besluit om nie belasting te betaal gaan daar maar min oor wees om nog verder te misbruik. En die “almal” sal nie kan tronk toe gaan nie. Daar gaan nie genoeg tronke wees vir die “almal”

hercu kruger ·

wat my die hoenders dinges in maak is dat een vermoor word in Coligny en daar is gebrand, gesteel en opgeroer – 100de word op plase vermoor en geen swart haan kraai daaroor nie

Sus ·

Mike die media rapporteer nie graag oor moorde op swartes nie. Daarom dink mense daars n volksmoord aan die gang.

what a joke! ·

As malema se die blankes moet geslag word, as zuma se die probleme le by die blankes en is diewe bring my geweer en jy sus wil vir my vertel dat ras nie n rol hier speel in al hierdie wrede sinnelose moorde nie se ek jou jy loop met jou wyd toe! Hoekom martel hul n ou tannie sus se vir my asb??? Eks maar dom jong maar wil graag jou antwoord hoor???Jy is of n liby of bly oorsee! Hierdie opsweping is Plein RASSISME ….. Ek wonder soms oor mense soos jy!! Nog n ding malema het gese die ” honemoon is oor vir die blankes en skielik verdubbel die plaasmoorde van toe af”!!! Wens hy wil van n berg afloop nes sekere andere……

Dirk01 ·

Soos ons verneem word baie plaas werkers vermoor as ook swart boere , ek neem aan heel wat behoort ANC lede te wees . Dalk kan die ANC hulle plan vernuwe of verduidelik wat sal gedoen word om die mense te beskerm . Ons hoef net algemeen na misdaad te kyk in lokale aanlyn koerante na moord en ander gewlds misdade om te besef misdaad is in alle fasette buite beheer , of ons dink dit is net op blank gemik sal die algehele misdaad statistiek wys ons wet toe passers nie die mas op kom nie

Werner ·

Sus daar is n volksmoord aan die gang want dit is Swart mense wat wittes vermoor as daar baie swatrtes deur swattes vermoor word is dit hulle saak

colin ·

Het die DA enigsens hieroor iets te se gehad?
Sekerlik nie – dit is waarom ek nie meer vir hulle gaan stem nie maar net vir FV +.
Die DA beteken niks vir ons mense nie en hoe gouers meer mense dit agterkom hoe beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.