79-jarige ‘VSA se ergste reeksmoordenaar’

Samuel Little van die VSA het 93 moorde gepleeg.

ʼn 79-jarige man wat aanvoer dat hy 93 mense vermoor het, word nou as die VSA se ergste reeksmoordenaar beskou.

Volgens die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) is Samuel Little reeds positief aan 50 sake verbind. Little is in 2012 op ʼn dwelmverwante aanklag in hegtenis geneem en na Kalifornië geneem. Die Los Angeles-polisie het DNS-monsters bekom wat Little aan drie onopgeloste moorde tussen 1987 en 1989 verbind het.

Little is aangekla in verband met dié drie moorde en is in 2014 tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis sonder die opsie van parool. Hy is later deur verdere ondersoek aan nog talle moorde verbind.

Little het sedert verlede jaar talle vrywillige bekentenisse afgelê. Volgens hom het die moorde tussen 1970 en 2005 plaasgevind en is die meeste van sy slagoffers verwurg. Al die slagoffers was volgens Little vroue.

Die FBI het intussen 30 tekeninge van sommige van sy slagoffers beskikbaar gestel – kleurportrette wat Little self in die gevangenis geteken het. Daar is ook video’s openbaar gemaak van onderhoude wat met Little in die gevangenis gevoer is.

In een van die video’s beskryf hy hoe hy ʼn vrou in 1993 verwurg het en haar liggaam teen ʼn helling op ʼn afgeleë pad afgerol het.

In ʼn ander video het hy ʼn slagoffer in New Orleans beskryf. “Sy was mooi. Lig van kleur, heuningbruin vel,” vertel hy met ʼn klein glimlag. “Sy was lank vir ʼn vrou. Pragtige postuur. En vriendelik. Dit was die enigste een wat ek ooit verdrink het.”

Ondersoekers reg oor die VSA probeer intussen steeds Little se bekentenisse bewys. Little, wat dikwels die naam Samuel McDowell gebruik het, het by sy ouma in Ohio grootgeword.

Hy is deur ondersoekbeamptes beskryf as ʼn man wat vir ʼn kort ruk ʼn bokser was en wat reg oor die VSA gereis het en jag gemaak het op vroue, veral dwelmverslaafdes en vroue met probleme.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Cybersakkie ·

I killed a man, they said; so they said.
I killed a man, they said; so they said.
I killed a man, they said an’ I smashed in his head.
An’ I left him layin’ dead,
Damn his eyes.

But a-swingin’, I must go; I must go.
A-swingin’, I must go; I must go.
A-swingin’, I must go while you critters down below,
Yell up: “Sam, I told you so.”
Well, damn your eyes!

[Instrumental break]

I saw Molly in the crowd; in the crowd.
I saw Molly in the crowd; in the crowd.
I saw Molly in the crowd an’ I hollered, right out loud:
“Hey there Molly, ain’t you proud?
“Damn your eyes.”

Then the Sherriff, he came to; he came to.
Ah, yeah, the Sherriff, he came to; he came to.
The Sherriff, he come to an he said: “Sam, how are you?”
An I said: “Well, Sherriff, how are you,
“Damn your eyes.”

My name is Samuel, Samuel.
My name is Samuel, Samuel.
My name is Samuel, an’ I’ll see you all in hell.
An’ I’ll see you all in hell,
Damn your eyes.

Gaitsigubib ·

Lyk my die mense in die VSA is almal hulle varkies kwyt. Die VSA is eerste op die lys van reeksmoordenaars en massaskietters. Selfs bo SA wat hierdie misdade betref.

Mark ·

Kom ek stel dit so, as SA so groot soos die VSA moes wees, sou dit die hel wees. VSA is 10 keer grootter as ons land daarom is ons misdaad syfer skokkend hoog.

sweis ·

Stem saam Mark ek glo nie daar is n land in die wêreld wat so n klomp kriminele soos SA het nie

humor ·

Wat het van die elektriesestoel geword. Hy moes al lankal vrywillig dit gebruik het.

Sanna ·

As hy maar net ‘n obsessie oor plaasaanvallers in Suid-Afrika gehad het…….sug.

Cherokee ·

Sy ouma weet miskien genoeg van hom om teen hom te getuig.

Swifty ·

Hy is 79 jaar oud,, hoe oud reken jy is sy ouma?
Ek dink nie sy ouma is meer beskikbaar om te getuig teen hom nie…….

Schalk ·

Dis hartseer maar hoeveel armes word daagliks hul lewens ontneem en figuurlik VERMOOR deur korrupsie en leuens in SA.

wonder maar net ·

Cherokee … Ek dink die ouma is lankal dood…!! Hy is 79 hoe oud moes sy dan nie nou gewees het nie??

Elvira ·

Ag nee Maroela dis nie storie wat ons wil lees nie. Grillerig en laat my dink aan wat in hierdie aangaan. Is daar nie n mooi storie erens nie?

@Elvira ·

Daar is baie van “ons” wat dit wil lees. Nie almal loop in Lala land rond en wil nie weet wat in die land en res van die wêreld nuuswaardig is nie.

Willem ·

Daai 93 mense wag hom in wanneer hy anderkant aankom… GEEN uitkomkans daar nie!

schaun ·

Hy is ongelukkig om nie lewenslank in SA gevonnis te word nie dat kon hy sy 83 ste verjaardag weer terug by sy huis gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.