‘7de Laan’-akteur deur polisie geskiet

Die akteur Patrick Shai. (Foto: Facebook)

Die akteur Patrick Shai is glo Maandag 11 keer met rubberkoeëls deur die polisie raakgeskiet tydens ʼn optog oor dienslewering in Soweto. Shai vertolk sedert 2017 die rol van Jacob Moloi in die gewilde Afrikaanse sepie 7de Laan.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het in ʼn verklaring Dinsdag bevestig hulle ondersoek die skietery.

Lede van die polisie het glo Maandagoggend losgebrand op ʼn groep inwoners van Dobsonville in Johannesburg, wat betoog het omdat hul elektrisiteit afgesny is. Shai, ʼn inwoner van die area, het glo nie self deelgeneem aan die optog nie, maar die situasie probeer ontlont toe die polisie met rubberkoeëls op die skare begin skiet het.

Luidens Opod se verklaring het 11 rubberkoeëls hom teen sy lyf getref toe hy tussen die betogers en die polisie inbeweeg het. Hy is meestal in die rug geskiet terwyl hy probeer weghardloop het. Ander betogers is ook raakgeskiet.

“Lede van Opod is onmiddellik ná die voorval na die area gestuur, maar kon eers vandag (Dinsdag) daarin slaag om ʼn skriftelike verklaring by Shai te kry. Die saakdossier is geregistreer en Opod ondersoek die voorval,” lui die verklaring.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Stopdielorrie ·

Mense wat nie deelneem aan betogings is nie is gewoonlik veilig in hul huise besig om TV te kyk.

Stormrider ·

Nee jy’s verkeerd. Hulle is veilig in hulle huise besig om 7e Laan te kyk!

Cherokee ·

Nee, dit is jý wat verkeerd is. So oud soos 7de Laan is, was ek nooit ‘n kyker daarvan nie en ook het ek nog nooit ‘n betoging bygewoon nie. Kyk nie sepies nie en ek dra nie baniere nie.

MaSeSlimste ·

Julle is almal verkeerd, hulle kon nie tv kyk nie want hulle het betoog omdat hulle krag afgesny is ;)

Rocketscientist ·

Verstaan nie wat OPOD graag wil ‘ondersoek’ nie, wanneer mens tussen skietende polisie en hul teiken inbeweeg gaan jy desnoods raakgeskiet word, meetkunde 101, en nee, ‘TV star’ status maak jou nie rubber bulletproof nie.

Sobymykoolkop ·

Die wat raakgeskiet word is altyd net onskuldige verbygangers of vredemakers. I.p.v. onderdoek kla hom aan vir dwarsboming van gereg. Jammer, vergeet, menseregte weeg swaarder.

Stan ·

As hulle diens wil hê moet hulle daarvoor betaal. Soweto “spunch” lank genoeg op betalende burgers.

AmY ·

Sê ek ook.
Ons het eenkeer te min betaal (want ons kry mos nie meer rekeninge nie) en ons krag is onmiddellik gesny.

Hans ·

Hoekom moet die persoon se “saak”voorkeur ondersoek behandeling kry.

JO ·

Hierdie optogte is eindelik die begin fase van ‘n toekomstige opstand, dit moet nog net’ n organisation fase bereik, die EFF sal daarvoor voorsien. Unled Revolution

Andrea van Vuren ·

Hulle wil mos alles verniet hê, As jy nie jou rekening betaal nie, sny hulle summier of jy nou lewende hawe het of nie.

Hvr ·

11 Keer… polisie beslis die laaste tyd gewerk aan hulle akuraatheid

Gert van Wierdapark ·

As jy nie jou “common sense” in so situasie gebruik nie, is jy dom-astrant!

Hannelie ·

Leatitia, hy vertolk sedert 2017 die karakter Jacob Moloi in 7de Laan.

Scalla ·

SA se nuwe boemerang, as hy kom is dit n klip, as dit terug gaan is dit n rubber koeël, die akteur het gekry wat hy daar gaan soek het.

Hilda ·

Soek jy nou weer aandag of is jy op 3 jarige ouderdom slim genoeg om epos te stuur?

Cherokee ·

Is seker maar ‘n manier op 7de Laan daarop te wys dat hulle lank genoeg mense verveel het.

Antoon ·

Toe beleef hy nie 7de laan nie maar 7de hel rubber koëls, dit moes eina gewees het.

HAB ·

Is reg ja skiet raak…. Dis mos waarvoor jy gestem het. Geen simpatie nie. Ha haaa.

Andrea van Vuren ·

Niemand in Soweto betaal nie. Regering bang vir hulle. Wonder wat is die houvas?

Magda ·

Hierdie tipe betogings – omdat jou elektrisiteit afgesny is omdat JY DIT NIE BETAAL NIE – moet verbied word en die mense wat deel neem moet gearresteer word en hulle moet in gemeenskappe gaan werk. NIKS IS FK VERNIET NIE – BETAAL JULLE KRAG OF JULLE KRY NIE KRAG NIE – WET VAN SUID AFRIKA

JohanR ·

Hy was op die verkeerde plek. Hy het eintlik vir 11de Laan gesoek! Daar sou dae dag oudisies vir Isidingo daar gehou word. Die ou was nou net een keer siek, sat en dik vir 7de Laan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.