7de Laan-aktrise se familielid sterf in Knysna-brande

Annelize van der Ryst (Foto: Facebook)

Annelize van der Ryst, beter bekend as “Matrone Netta Nortje” van 7de Laan, se neef is oorlede tydens die verwoestende brande in Knysna.

Van der Ryst het op Facebook bevestig haar neef, Dawie van der Ryst, het ʼn hartaanval gehad toe hy en sy vrou en hul honde uit hul huis in Knysna gevlug het. “Dawie het die motor stilgehou, uitgeklim en nog een keer vir die huis gekyk en gesien hoe hul eiendom in die brand verwoes word. Hy het inmekaargesak en gesterf,” het sy gesê. “Ek dink aan Elsabè, hul kinders en kleinkinders asook die ander mense wat deur hierdie vreeslike brand geraak word.”

Die Knysna-munisipaliteit het intussen bevestig Knysna is as ʼn rampgebied verklaar. “Ons versoek inwoners om asseblief veilig te bly en weg te bly van enige brande.”

Meer as 10 000 mense is sedert Woensdag uit die gebied ontruim. Die brande het deur ongeveer 20 woonbuurte in Knysna en die omliggende omgewing gewoed. Minstens 300 strukture is deur die brande verwoes.

Van der Ryst is die vyfde persoon wat in die Knysna-brande omgekom het. Maroela Media het vroeër berig ʼn gesin van drie is in Rheenendal oorlede toe hulle nie van die brand kon ontvlug nie en ʼn vierjarige meisie van Welbedacht is dood aangetref deur haar pa.

Besonderhede rondom die sterftes bly skaars, weens die onvermoë om spesifieke ondersoeke van stapel te stuur.

Knysna-brande (Foto: Twitter)

Die maatskappy DHL het intussen bevestig dat hulle gratis noodsaaklike voorraad soos nie-bederfbare kos, komberse, klere en noodhulpvoorraad aan die streek sal versprei. “Ons werk saam met die Stad Kaapstad om noodsaaklike voorraad te versprei,” het Megan Roper, hoof van bemarking vir DHL Express Sub-Sahara Afrika, gesê. Alle brandweerstasies in Kaapstad is amptelike aflaaipunte vir donasies. DHL het ook 39 plekke oor die land heen beskikbaar gemaak waar persone nie-bederfbare kos en ander noodvoorraad kan aflewer. Klik hier om te sien waar dié punte geleë is.

Lees alle vorige berigte oor die Knysna-brand op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Alwyna Holtzhausen ·

Hoe het hierdie brande tegelyke tyd weerskante van Knysna onstaan???

Elize ·

Nee ons het nie weerlig gehad nie, blykbaar kinders wat met vuur gespeel het

andrea van vuren ·

Sopas verneem dat hulle reeds vier brandstigters in hegtenis geneem het.

Pieter ·

Ons moenie naief wees en die goeie in die bose wil raaksien nie, dit is tog eenvoudig dat die brande gestig deur kriminele en moordenaars en verder is geen swart plakkerkamp gebrand nie, tog te toevallig. Hulle word aangespoor deur die “Kill the Boer” en ” Bring my machine gun” argitekte.

Dries ·

E nuus het bevestig dit is brandstigting. Juis vir hierdie rede staan die wet nog dat n brandstigter geskiet mag word. Baie sterkte aan almal in Knysna en families en vriende met julle verlies

Claudia ·

Brandstigters, diere en kindermishanelaars, verkragters en plaasmooedenaars, inbrake en diefstallers: lees die Bybel, God se Wet. Hell has no fury

Jaco ·

Net so Claudia, ek glo enige leed wat jy aan nog n mens aandoen is strafbaar tot die hel! Hetsy deur diefstal, moord, ekgbreuk, brandstigting, oneerlikheid ens…Indien hierdie wel brandstigting is wil ek nie eendag in daai person se skoene wees nie, hy het duisende mense met slegs een optrede (of selfs dalk meer optredes) baie groot seer veroorsaak, dis psigopaties!!! Net soos ons president wat MILJOENE mense in ellende dompel deur sy dwase optredes.

Marinda ·

Baie jammer om van U verlies te hoor. Sterkte aan julle almal.

m ·

As dit wel brandstigting is hoop Ek die gemors word vinnig uitgewys…..

al ·

Daar is soveel mense dood – mag daardie oortreders swaar gestraf word.
Sterkte aan die geliefdes van die oorledenes.

Alida ·

Die skade is klaar aangerig. Waar begin mens as ALLES net n hopie as is? My hart bloei vir al daai mense.

Tina ·

Ek kan nie glo die verwoestende brande is per toeval. Vanaf knysna tot en met Port Elizabeth. Jammer dit was gestig. Dit is nie toeval nie. Was net te goed beplan gewees saam met die geweldige wind. Bly lank genoeg hier om die verskil te sien.. Dit het ons geraak en ook baie familie en goeie vriende. Baie het alles verloor. Sterkte aan almal wat deur hierdie helse vuur geraak was.

Elmarie ·

Ek glo dst dit boosse mense wst dssi brsnde gestig het srrrkte aan slmal wst n grliefde verloor het magGod mdt julle wees

Baie sterkte ·

Aai,dis verskriklik erg! So so jammer aan almal van Knysna. Dis n skok. Bid dat geregtigheid sal geskied. Brandstigting is laag en gemeen. Wonder maar net of die EFF nie iets hiermee te doen het. Hulle is te stil en het mos gese hul sal wraak neem. Baie sterkte aan die families in hierdie aaklige gebeurtenis.

Magda ·

Ek stem – KOM ONS DOEN IETS = MAAR WAT – GEE RAAD ASB??

Wonder ook ·

Ek sal ook graag wil weet wat ons te doen staan. Ek wens net MM kan bevestig of dit brandstigting was. Ek vermoed daar is ‘n groep wat besig is om die verskroeide-aarde beleid toe te pas en hoop om die mense so van hulle grond af te jaag. Nie veel wat mens teen die vlamme kan doen nie. Veral as brande gelyk uitbreek op verskeie plekke. Dit lyk vir my ook na ‘n aanval op DA beheerde metropole. Tragies.

JD ·

Al wat ons kan doen is waak en bid. Ons blankes kan niks anders doen nie.

Lindie Lourens ·

Het dit julle nie ook opgeval dat, wanneer die weervoorspelling aandui dat ‘n sekere gebied gewaarsku word oor brandgevaar, al die brande “ontstaan” nie? Plant dit nie die saadjie in die “brandstigters” se breine nie? Minder kans om uitgevang te word, want “dis dan voorspel”!! Sal dit nie beter wees as die weervoorspellings net aandui dat dit baie warm in ‘n gebied gaan wees, ipv die spesifieke woord ” brandgevaar” te gebruik nie?

Sophia ·

Ek stem saam met jou! Dit is asof die weerburo’s ‘n advertensie uitsit vir brandstigters!!

Lizelle de Beer ·

Ek wil huil as ek na al hierdie verwoesting kyk. Dis te veel vir my, my hart ruk in my bors. Montagu, Weskaap ook besig om in te samel. Als vertrek more. Ek bid dat God elkeen wat geraak word sal aanraak en met tyd sal heelmaak. Ek is So jammer vir elkeen se verlies XX

Lydia Steyn ·

Op FB is daar inskrywings dat sekere mense bly is oor die brande aangesien dit net wit mense is wat daar bly, so ja dit laat mens dink wie die brande gestig het.

Pieter ·

Lydia,
Die reuse swart plakkerskamp net oos van Knysna is wonderbaarlik nie getref deur die brande nie. Die toevalligheid is net eenvoudig te groot om nie te glo dat die brandstigters daar bly nie.

Danie Rossouw ·

Hierdie was ‘n blatante aanval op witmense. Zuma se “no care” uitlating bevestig dit.

hennie ·

die uitlatings van n sekere meneer op facebook dat die blankes verantwoordelik was vir die kaapse storms , en nou word ons verbrand van alle kante laat n mens wonder.

MAGDA v BFN ·

Ek is naar oor die land se gemors.
Waarheen moet ons vlug???
ONS MOET SAAMSTAAN
IETS MOET GEDOEN WORD
Iemand gee raad

Sterkte vir almal in nood !!

Grotman ·

Ek wou iets se wat slim klink maar sal eerder dit nie se nie.

Gerda ·

Ek is baie jammer vir die gesinne met julle verlies mag God julle styf in Sy hande vashou dis so hartseer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.