‘7de Laan’ kry pak oor Oppiekoffie-gyselaarsdrama

Foto: TVplus

Foto: TVplus

SABC2 het sy kykers “nederig om verskoning” gevra nadat dié kanaal skuldig bevind is dat hy gewelddadige tonele op sy immergewilde sepie, 7de Laan, uitgesaai het sonder om die kykers behoorlik daarteen te waarsku.

Die verskoning volg nadat die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) bevind het dat die sepie en SABC2 die uitsaaier se gedragskode oortree het deur ’n gyselaarsdrama wat oor twee episodes strek, in Februarie uit te saai.

UKKSA het vandeesmaand beslis dat die gewelddadige gyselaarsdrama wat homself in Oppiekoffie afgespeel het, nie geskik was vir die tydgleuf waarin die sepie uitgesaai is nie en dat SABC2 versuim het om sy kykers behoorlik te waarsku.

UKKSA het bevind dat 7de Laan herhaaldelik grafiese en eksplisiete tonele van geweld uitgebeeld het waar vuurwapens op ʼn dreigende manier op onskuldige mense gerig is. Die sepie is verder op die vingers getik vir verbale teistering, onwelkome voorstelle van ʼn seksuele aard, ʼn gyselaar wat vreeslik bloei, ʼn getraumatiseerde ma wie se huilende baba deur ’n aanvaller gevat word, en ʼn karakter wat ʼn hartaanval kry.

“Sulke tonele is nie geskik vir ʼn tydgleuf waartydens daar ʼn groot hoeveelheid kinders deel van die gehoor is nie,” het UKKSA gesê.

SABC2 het in sy verskoning erken dat hy nie die nodige waarskuwing aan sy kykers verskaf het nie en “nederig om verskoning” gevra aan kykers wat deur die tonele ontstel is.

UKKSA het 7de Laan en SABC2 opdrag gegee om ʼn verklaring en klankgreep op skerm uit te saai waarin hulle erken dat hulle gefouteer het deur eksplisiete geweld in ʼn familietydgleuf uit te saai sonder om kykers voldoende in te lig.

– Channel24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Andre de Kock ·

Wat n klomp stront. Ons bly in die mees geweldadigste land in die wereld en nou mag die kinders nie ‘n gyselaarsdrama sien nie? Dan beter hulle ook nie koerant lees of nuus kyk nie.
Wie maak hulle kinders so groot? Geen wonder kinders word deur skelms om die bos gelei, verlei en besteel nie. As daai arme kinders moet uitvind Klaas Vakie is n sprokie pleeg hulle selfmoord! Mense wat hiulle kinders toelaat om 7de laan te kyk terwyl dit etenstyd is en hulle moet Boekevat hou moet van kindermishandeling aangekla word.

V ·

Ag liewe aarde maar mense kan darem maar ver terugdink.Dis mos nou ou nuus!Hul beeld dit uit om te kan wys wat gebeur in die werklike lewe.MOENIE 7DE LAAN KANSELLEER NIE!!!

Dave ·

Kanselleer 7de Laan!
Waaroor die klagtes is weet ek nie want alhoewel ek nie daarna gekyk het en nie weet waaroor dit gaan nie kan dit in elk geval nie erger wees as die nuus. En die nuus word tog omgewing selfde tyd uitgesaai.
Maar kanselleer 7de Laan – en leer die kykers om na meer kykbare programme te kyk.

Vic ·

Wat stel jy voor moet ons dan kyk ? (LW nie almal het DStv nie….)

Paula Fourie ·

Dis daaglikse gebeure om ons. Ons lees daarvan ELKE dag en ons sien dit in ons buurt gebeur. En as jy nie van 7de laan hou nie flippen verander van kanaal!!!!!!!!!!

Lise ·

Ek sê ook kanselleer 7de Laan!! Dit is dieselfde ou storielyn oor en oor. En ek probeer nou nog uitwerk hoekom het Oubaas ‘n skelm verhouding gehad? Waarom was dit nodig dat Altus en Paula skei? Ag nee, sies! 7de Laan se verskoning vir die gyselaarsdrama is nou bietjie laat. Die sensitiewes en die kinders het dit reeds gesien en klaar in hulle aandete sit en wurg. Weg met 7de Laan!!

Theresa ·

Ek stem. 7de Laan se tyd is lankal verby. Selfde ou trent, voorspelbaar en vreeslik vervelig. Ek kyk dit nou al vir jare nie meer nie. Sit iets in die tydgleuf wat die moeite werd is.

Let ·

Ek is ‘n gereelde 7de Laan kyker (my seuntjie van 7 jaar oud ook). Toe hierdie episodes gebeeldsend is, het ek via Twitter my ontsteltenis bekend gemaak aan hulle juis omrede dit in die “gesinstydgleuf” val en ons dit elke aand kyk. Die onnodige geweld en gyserlaarsdrama het my as ma ontstel, juis omdat my kind die karakters ken en toe word al hierdie wrede tonele gewys. 7de Laan se antwoord aan my was dat hulle ‘n ouderdomsbeperking op die episodes het en ek is van ander kante op Twitter aangeval omdat ek my mening gelug het hieroor. So, ek is persoonlik bly dat hierdie saak verder gevoer is!!

anon ·

hoekom kla jul so wat van di ander sepies wat geweld in het ek like my laan my kinders kyk saam daar bja ander stasies wat jul kla kouse kan kyk

Kosie ·

Anon, ek kom agter dat jou “laan” jou punktuasie, kapitalisering en spelfoute aantas.

nig ·

anon – ek hoop nie dis op die Laan wat jy so sleg leer spel en skryf nie. Dalk moet jy begin iets opvoedkundigs kyk…

Paplepel ·

Kanselleer! Ek het my kinders grootgemaak sonder 7de Laan. Hulle kom sit saam met my in die tuin en waardeer die natuur, kyk hoe die Kois speel, voëltjies baljaar en die natuur regmaak vir die nag wat kom. 1000% beter as enige sepie waarvan hulle die derms al oor en oor uitgereig het. Sê weer, kanselleer die ding sodat van ons mense weer ‘n lewe kan kry.

CR ·

Wie kyk nog 7de laan??? Julle het heel duidelik nie ‘n lewe nie. Gaan plant blommetjies of sorg vir jou huisgesing.

Griet ·

Kyk iemand nog na die twak?

Vandag ons gesin opgehou het om na die pot nonsens te kyk, eet ons elke aand om die eetkamertafel en gesels so lekker dat ons soms die nuus mis…..

Illa ·

Ek kyk nou wel lankal nie meer 7de Traan nie (om baie dieselfde redes as reeds hierbo genoem), maar dink diegene wat eis dat dit gekanselleer word ly aan tonnelvisie.
Half sewe is die hoogtepunt van my 87-jarige bedlê-ende ouma se dag – wat van haar? Of wat van my kollega’s wat somtyds met soveel entoesiasme en oorgawe die “opwindende” gebeure van die vorige aand se drama bespreek? Word hul nie ‘n plekkie in die son gegun nie, of te wel op die rusbank nie? Respek mense, respek – dis waarop alles neerkom. Jy bly in ‘n land waar jy darem nog die keuse het om die tv kanaal oor te skakel as jy nie van die uitsending hou nie – gebruik die vryheid, maar moenie ander van hul plesier ontneem omdat jy dit nie plesierig vind nie!

Dave ·

Spoilsport! Waarom gun jy ons nie ook die plesier om 7de Laan met die vervelige ou rympies van die lug af te kry nie? Jou bedlêënde ouma sal miskien meer hou van die Amerikaanse programme waar die polieste die kroeks jaag of iets van daardie aard. Die 7de Laan kykers kyk na ‘n spul waar jy met verlof kan gaan en 3 weke nie kyk nie sonder om iets te mis. Jou ouma sal aksiefilms geniet – het jy haar al ooit gevra?

Ilit ·

Dave – nie almal van ons kan DSTV bekostig nie! So die opsies is maar min.
Die oomblik as hul 7de Laan kanselleer, sal dit tien teen een vervang word met ‘n ander taal program.
Ek kyk ook 7de Laan wanneer ek by die huis, ek self moan ook maar soms oor die langdradigheid van die storielyn… maar die 2 episodes was vir ‘n slag iets om te kyk. Ek dink dis belaglik dat die mense so bohaai maak oor iets kleins… die Vader weet ons word heel dag, elke dag daarmee gekonfronteer. Vir ‘n slag was 7de Laan realisties – hoewel ek lekker gelag het vir die polisie se swak “acting skills”!
Mense wat so bohaai maak oor niks het duidelik niks beters om te doen nie. Vat dan ‘n boek en lees hom of gaan sit in die hoekie in hekel!
As jy moan oor jou kinders wat dit gesien het – gaan kyk ‘n slag na die nuwe kinderprente wat jou kinders kyk – daar is meer om oor te moan as 2 episodes van 7de Laan!!

Vic ·

Dave – dink gou hieroor: hoeveel van daai Amerikaanse sepies is net so n klomp GEMORS…(EN moet ons nog boonop vir DStv betaal ook )? Hoeveel van dasi sepies is net so gewelddadig (indien nie meer ?!) Kom by man! Local is lekker ! Sit jou tv af en gan stap n ent as jy niks anders het om te doen nie…

Riette ·

Ag regtig, sulke goed is realiteit dit gebeur orals in malls, en winkelsentrums so dis niks snaaks vir kinders nie. wat van die kinderstories wat deesdae op die televisie is dit is net so geweldadig, so waaroor gaan hulle tekere

Petro ·

Aggg mense het niks om te doen nie om so ver te gaan oor n sepie skrik wakker mense as jy nie wil he jou kinders moet geweld sien of hoor nie sluit jou huis deure moet nooit uitgaan nie en verkoop jou tv al die ander sepies het ook maar geweld o ja en die cartoons wat julle kinders kyk het ook geweld so kry vir julle iets om te doen en indien jy dink jy gaan n tv aansit sonder geweld dink weer.

Eish! ·

Net so Petro. Los die arme 7de Laan uit! Ek geniet 30 min van vertrooidheid, simpelheid en sommer net kyk sonder om te dink ons lewe is beter. Want 7de laan is maar net ‘n uitbeelding van wat in die werklike lewe aangaan. Ek geniet die 30 min en al is dit nie my hoogtepunt en al kan ek ‘n hele week dit nie kyk nie, hou ek daarvan. Ten minste nie seks tonele waar jy 5jariges se oe skielik moet toedruk nie. Los die laan uit!

Dave ·

Dan kan Riaan Slabbert oom Oubaas en Illa die Matrone wees. Let kan die suurgat dokter wees (o nee, dit is ‘n ander storie is dit nie?). Jy dink ons kan ons eie sepie skryf:-)

Liza ·

Oral in ons land is daar geweld, die ergste van als….. SELF AL HOE MEER KINDERS WORD SLAGOFFERS DAARVAN.
En dit is 10 keer erger as die stupid episodes waaroor almal so aangaan

Martha ·

Die 5 jarige seuntjie wat sy stiefpa gaan roep het toe sy ma-hulle beroof en aangehou was, het seker 7de Laan gesien, of waar sou hy nou dit gesien het om hulp te gaan ontbied.

Ben ·

Ek is bly hulle is oor die vingers getref. Programme in daardie tydgleuf moet gesinsvriendelik wees. Ek sal dit ook waardeer indien daar meer waarskuwing plaasvind voordat gruverhale op die radio se nuus uitgesaai word. Mens ry nog en musiek luister en eweskielik hoor jy iemand is wreedaardig vermoor. Daar is ongelooflik baie geweld en misdaad in die land, maar dit beteken nie ek wil hê my klein kinders moet dit daagliks hoor nie…

anon ·

glo ni was di laan se fout nie was in spoeg en plak skool waar al di domgate is dat ek ni spel nie

chris ·

anon, ek dink nou by myself dit is die domgatte wat so kla oor hulle nie jou boodskap kan lees nie. As als nie volgens die letter van die woord gespel is nie dan hak hulle vas.

nig ·

Chris – dis ook HAAK vas, nie hak vas nie. Hak is aan die agterkant van jou voet…

nig ·

Anon- dan moet jy liefs nie kommentaar lewer nie. Gaan terug na jou skool en kry jou skoolfonds terug! Ga, man, mens skryf nie sulke swak Afrikaans nie! Lees dan liewer ‘n paar goeie Afrikaanse boeke en sien hoe dit jou spelvermoë sommer gou sal verbeter!

Petrus konya ·

Ek+ my kinders het eerste handse ervaring waar ons drie keer in ons huis met gewapende roof in n kwessie van n paar maande met vuurwapens aangehou is al ons goed kos klere meubels geld 2x voertuie (later uitgebrand) in Tembisa gekry. Met geweld aangehou en gedreig met die dood my kinders was 16 en 12 jaar oud op daardie stadium nou 30/26 onderskeidelik en nou nog nie verwerk nie nou nog n vrees vir enige swarte. Vertrou hulle glad nie ek dink as n kind dit sien kan hulle dalk meer waaksaam wees. Om nie die werklikheid van so iets te ervaar nie glo my nie grappie om jou lewe voor jou te sien verby speel + ergste verwag. En sien hoe jou dogters deur 5 gewapende moordenaars noem ek hulle met vuurwapens deur die huis geneem word ek pensioenaris wat maarR1400 pm. Van Transnet ontvang het op die stadium moes my werkie vir ekstra inkomste los om my kinders te beveilig tot klaar met skool. Enkel ouer gewees. 7laan is n movie. Die werklikheid is baie erger vra enige 1 wat dit deur gegaan. Kinders is al gewoond aan die tipe geweld dis in die orde v/d die dag daagliks in. DEMOKRATIESE. SUID AFRIKA n mooi land was veilige land nou verwoes vol moordnaars korupsie diefstal verkragting+ nog meer niks skok meer nie dis alledaags

Berhalet Beukes ·

Alles goed en wel, kanselleer. Maar wat van ouer toesig en miskien leiding? Die realiteit is, dit is wat in ons land aangaan. Presies hoe wil jy jou kinders beskerm deur hulle nie bewus te maak van die realiteite en leiding te gee hoe om dit so goed moontlik te kan hanteer nie? Dan moet ons mos nuus plakkate van lamppale afhaal want kinders kan tog lees? Dan moet kinders animasie op Cartoon Network en Nickelodeon gekanselleer word want die animasie wat ek al op dstv gesien (in die middel van die dag) het is deurtrek met geweldig en seksuele innuendos? Ouers kan gerus ‘n slag gaan sit en “cartoons” kyk en sal met ‘n skok besef hoe kinders gedesensiteer word op ‘n daaglikse basis. Die punt is, ek soos soveel ander mense is al meer as eenkeer geraak deur ons krimineel deurtrekte land, ongelukkig sal ons ons kinders moet paraat maak of ons daarvan hou of nie, dit is die realiteit. Ek maak eerder my kind bewus en red dalk ‘n situasie as wat ek later spyt is!

magriet ·

ek het gisteraand die verskoning gesien. wie van die ouers wat so gal braak, maak hulle kindertjies opstaan na 7de laan sodat hulle nie die nuus moet kyk nie? wat van party skole se kirrikulum, hoop dis reg gespel, dwing laerskoolkinders om koerante te lees en opstelle of mondelinge te praat oor die politiek of wat ook al in die land? gaan jy vir my se die kind sien nie op ander plekker geweld en en en raak nie? kom by asseblief. iets is net sleg en negatief wanneer dit jou nie pas nie.

RIA ·

Ag my hell daar is baie erger stories op as 7 de laan regtig los ons program op daars niks fout met 7de laan nie ,ja dit is hart seer oor Danelle maar wragtig kom oor julle self

Charles ·

Ag aarde tog. Dis net ‘n sepie. As mens nie die werklikheid kan onderskei van die fiktiewe nie, het die samelewend wragtig ‘n probleem. Komaan mense. Kla oor iets belangriker as ‘n toneel op ‘n TV program. Sepies is in elk geval net ‘n klomp strooi, wat uitgerek word tot vervelens toe.

Anoniem ·

Al die moord, doodslag, skiet, dwelms ens. is veroorsaak deur die openbare media. Hoe meer publisiteit ‘n kind sien hoe meer wil hy dit probeer. As niemand bewus is dat ‘n kind alles wil beproef wat hulle sien nie, is dit ook die ouers wat oningelug is en weet nie wat se sielkunde uitwerking dit op ‘n kind het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.