‘7de Laan’ nou minder op die kassie

7de Laan sal vanaf 5 April slegs op Maandae, Dinsdae en Woensdae te sien wees.

Tot dan sal 7de Laan steeds van Maandag tot Vrydag om 18:00 op SABC2 te sien wees.

“Ons wil julle graag gerusstel dat ons steeds daaraan toegewy is om relevante, informatiewe en vermaaklike inhoud te produseer,” het die sepie se bestuurspan in ’n verklaring gesê. “Ons komende storielyne is gevul met inspirasie, humor, drama en liefdespassings wat julle aan die gons sal hou.”

Die telenovela Die Sentrum begin op Donderdag 8 April, die eerste Donderdag sonder 7de Laan. Volgens Merlin Naicker, groepbestuurder van televisie by die SAUK, het die veranderings ten doel om die openbare uitsaaier geleentheid te bied om sy drama-aanbod te vergroot en te diversifiseer.

Die tweede seisoen van Giyani word later vanjaar uitgesaai in ’n nuwe tydgleuf van 21:00 op Donderdae en Vrydae wat beteken dat Muvhango ook vanaf Augustus net Maandae, Dinsdae en Woensdae op die kassie sal wees.

“Dit is deel van ons langtermynplan om in gehalte plaaslike inhoud te belê. Om ’n diverse Suid-Afrikaanse gehoor te bedien, beteken dit is noodsaaklik dat ons innoverende en opwindende inhoud verskaf wat kykers sal lok en ook die inkomste sal genereer wat nodig is om die openbare uitsaaier finansieel volhoubaar te hou,” het Naicker gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Anel ·

Ek verstaan nou nie so lekker nie. Hoe vergroot jy as jy iets anders verklein? Sou vergroting nie meer sin gemaak het as die ou gied dieselfde grite bly en die nuwe goed by gevoeg word nie? 2 en 1/2 bly 2 en 1/2. Al maak jy dit 1 1/2 van 1 en 1 van ander! Dit maak mos meer sin om 2 en1/2 van een te hê en nog 2en 1/2 van ander een. Dit is mos vergroting of het ek dit nou verkeerd?

Lorette ·

100% aan jou kant, kyk dit al vir jare nie meer nie! Lees liewer ‘n interesante Engelse boek as na die laan te kyk. Al wat ek op TV kyk, soms, is eNuus!

Heinrich ·

Hulle moet dit liewers heeltemal afhaal, dis net ń klomp gemors.

Gawie ·

Heinrich, hoe weet jy dis gemors? Al hoe jy dit kan sê is as jy self kyk. As jy nie daarvan hou nie, moet dit net nie kyk nie!

Heinrich ·

Ek het al probeer kyk, dis hoe ek weet dis gemors. Ek gee my mening hier en kyk beslis nie. Jou komentaar is net so pateties.

Bella ·

Ons kyk lankal nie meer na die SAUK nie. Hulle bied niks waarin mens genoeg belangstel om te kyk nie. Selfs die antennae is al n paar jaar terug ontkoppel.

Stof ·

Baie dankie vir die kompliment. Ek was nog altyd onder die indruk dat die SAUK program, Leefwêreld van die gestremde, wel ‘n reuse verskil maak in vele mense se lewe? Maar nou ja, nou weet ek ook van beter… Dalk maar ander werk soek?

Pietertjie ·

Dit sou meer sin maak as hulle 7e Laan verminder na 3e Laan…

Jacobus ·

Dit is die spul se verklein, en geleidelik laat verdwyn prinsiep. Passop die gebeur op kykNET ook – baie subtiel. Dit is die “voer die krokodil” beginsel. Behalwe nog kykNET se kanselleer aksie.

Swanie ·

Kanseleer die hele storie saam met die hele sabc , die verf op my muur is meer opwindend.

JohanR ·

Die sepie het sy gang geloop. Sit hom nou uit sy misery uit! Seker meer as 2 jaar dat ek nie meer kyk nie.

Anet ·

Ek meen ook 7de laan het lankal sy tyd gehad. Sien dit nie as ‘n program geskik vir kinders nie. Is jare al gelykstaande aan oeroue sepies. Al die deurmekaar vryery ens bietjie woorde beskryf baie. Kyk jare al nie meer nie.

Pietie ·

Dankie tog die pot vol tjol word minder uitgesaai, al kyk ons dit vir jare al nie meer nie.

Piet ·

Baie Maroela trompoppies het ophou kyk toe dokters Fikani en Alexa so ‘n mooi couple geword het. LOL.

Piet ·

SABC het nou heel verrassend ‘n bietjie oorsese rugby begin wys en lyk my ook die hele wereld se sokker. Dis seker alles “free to air” gratis beskikbaar want hulle kan sekerlik nie bekostig om enige uitsaairegte aan te koop nie. Die sport is darem beter as die plaaslike gemors soos die PSL en huidige plaaslike substandaard rugby. Moet se ek het nogal die Franse Top 14 gister geniet, goeie gehalte rugby.

Mariana ·

Nee wat gelukkig is daar niks wat SABC mens bied nie, 7de Laan is regtig swak tv om mee te begin.

Vonkprop ·

Darem een goeie ding sover vir 2021. Hopelik in 2022 verdwyn 7de Laan heeltemal. Ek voel net jammer vir die akteurs dat hulle hulle talent so mors met sulke vlak en herhalende storielyne in 7de Laan net om geld te kan verdien. Werk is skaars en daarom is hulle bly hulle kan net ‘n inkomste verdien, want dit is nie dat hulle kan kies en keur tussen honderde rolle wat vir hulle wag nie. Ek persoonlik dink die skrywers moet vervang word. Hulle haak net vas by vry en baklei.

Sonneblomkind ·

Kyk lankal nie meer dit nie. Te veel deurmekaarspul ennie meer storie nie. Glad nie goed vir die jeug ook nie

Louwrens ·

Kyk seker al 8 plus jare nie meer nie. O, en het ook nie meer ‘n tv nie. Maar kyk nogsteeds dit wat ek graag wil kyk, en alles pure verniet. Internet bied net soveel meer, so vir ons kan sauk en dstv albei maar toemaak. Geen ordentlike programme meer nie.

Juffrou ·

Kan dit nie maar totaal verdwyn nie? Net ń lot gemors. Wie kyk dit ooit?

Elsa ·

En watter twak is in die tydgleef?
Hoop die verandering bring mee:
1. Minder rondslaap
2. Minder saambly
3. asb minder suip. Drink niemand ooit tee, koffie of koeldrank by hul huise!!! Slegte voorbeeld met swak standarde.

Yvonne ·

Ek ky ook nie 7 de laan nie….die punt is egter…die lotte is bankrot..nou kom hulle met sulke afgewaterde verskonings

Regverdigheid ·

Nee dit is mos mou weer n Afrikaanse program, so on regverdig daars goed wat oor en oor uitgesaai word hoekom gebruik jul nie daai tyd.

VannieBaai ·

Het nie eens geweet 7de laan wys nog nie! Het ophou kyk in 2012 al en toe reeds was dit nie meer ‘n lekker storie om te kyk nie weens al die “veranderinge” wat skielik stelselmagting aangebring is. Skeel my min hoeveelkeer dit nou gaan wys. Ek betaal egter steeds getrou elke jaar my tv lisensie.

Veronika ·

7de Laan het jare terug al sy oemf verloor toe ek ophou kyk het, dis regtig nie meer ‘n familie sepie nie, Dallas vd jare voetsek sal skaam kry…..

koekoes ·

is 7de laan nog op! Haal hom eder af, Ons gesin en vriende kyk hom glad nie meer nie.

Gawie ·

Ek lees so deur al die kommentare – interressant hoe baie mense vertel hoe vrot 7de Laan is, maar dan sê hulle daarby dat hulle dit nie self kyk nie! Nou hoe weet julle dis vrot? Kyk julle skelm?
Ekself geniet die program, want dit hanteer gereeld kwessies wat deur die alledaagse mens ervaar word – vigs, mensehandel, huishoudelike geweld en vele meer. Ja, daar is dele van die storielyn waarvan ek nie baie hou nie, maar dis nie nodig om die baba saam met die badwater uit te gooi nie.
Dis eintlik eenvoudig – as jy nie van 7de Laan hou nie, moenie dit kyk nie, maar los die res van ons uit wat wel daarvan hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.