7de Laan reik dringende waarskuwing teen slenter uit

Foto: Facebook

Die gewilde SABC2-sepie 7de Laan het Donderdag gewaarsku teen ʼn slenter waar misdadigers hulself glo as ʼn uitvoerende vervaardiger of rolspeler van dié sepie voordoen.

ʼn Bestuurspan van die sepie het in ʼn verklaring gesê sogenaamde “vervaardigers” van die sepie steel glo geld by voornemende akteurs wat oudisies beloof word wanneer hulle ʼn betaling aan die persoon maak.

Die misdadigers vra blykbaar “verskeie voorafbetalings” wat belangstellendes glo moet betaal voordat hulle ʼn oudisie kan aflê om moontlik ʼn rol in die Laan los te slaan.

“Neem asseblief kennis dat Danie Odendaal-produksies nié geld vra vir oudisies nie,” lui die verklaring. “Alle oudisies wat deur die produksiemaatskappy gehou word, word deur die hoof van rolverdeling gereël en by 7de Laan se amptelike ateljee gehou. In gevalle wanneer oudisies tydens amptelike toere plaasvind, maak 7de Laan sulke oudisies op sy amptelike sosiale media blaaie bekend en nooi mense op só ’n manier om ʼn oudisie af te lê.”

Volgens die bestuurspan wil die sepie onder geen omstandighede geassosieer word met “bedrieglike sindikate” nie. Hy het ook gesê hoewel hy jammer is vir aanhangers wat met dié foefie gevang is, kan die sepie nie aanspreeklik gehou word vir enige verliese nie.

“Ons kan nie aanspreeklik gehou word vir enige geld wat aan die sindikaat oorbetaal is of vir enige optrede wat jou lewe in gevaar gestel het nie,” waarsku die verklaring.

Volgens die verklaring moet mense op hul hoede wees vir enigiemand wat hulself voordoen as ʼn uitvoerende- of lynvervaardiger, ʼn direkteur, finansiële bestuurder of as hoof van rolverdeling.

Indien jy wil seker maak oor die egtheid van enige korrespondensie wat glo van 7de Laan af kom, of só ’n geval van bedrog wil aanmeld, kan jy die sepie op Facebook of Twitter kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sunae ·

7de laan is n wonderlike sepie maar wat realiteit in ons wereld uitbeeld nou kom skelms en probeer geld maak uit die sepie om voorte gee hul van 7de laan wat word van ons land hoe kry hul dit reg dat mense so maklik gefluis word . Geld is n ewel dis verseker

7 de Laan ·

Los 7 de Laan uit. Baie goeie sepie. As julle dit nie wil kyk nie, moenie.
Gelukkig verskil smaak.

Boerseun ·

Is daar nog mense wat 7de Laan kyk? Regtig? So volksvreemd soos more heeldag!

Sputnik ·

Dan moet julle sommige van hierdie ander vlak Afrikaanse programme sien – bv. iets soos” Worsie en kie” (of so-iets). Só eenvoudig, dit is net nie waar nie!

anti-sewendelaan ·

O my genade, “gewilde sepie” is een te veel vir my brein. Soos gese is – smaak verskil. Indien dit die hoogtepunt van jou daaglikse bestaan is – het daardie aanhangers nou veel van ‘n lewe nie.

Pensioenaris ·

Ag weet julle wat, ons is op pensioen, maak huis skoon, kook, werk in die tuin en help met die kleinkinders. Ons het wel n lewe maar geniet dit om te ontspan met n goeie afrikaanse sepie.
Kyk julle maar Isidingo en los ons en 7de laan uit.

marianne ·

7de Laan moet naam verander na Zondi Avenue of iets, dis nie meer ‘n Afrikasnse Sepie nie. EK kyk dit nie onder selfs dwang nie.

Rosie ·

Ek is ook al so gevang deur bedrieers. Hy het hom voorgedoen as mnr P. Brink. Dit was jare gelede en ek moes R250 betaal omdat ek n “kontrak” losgeslaan het. Die dramastuk se naam was “Die Skerpioen” en ons moes hulle in n huis op n plaas naby Worcester ontmoet. Ek wonder steeds of daar nog mense is wat ook deur hulle gevang was destyds. So ongeveer 14 jaar gelede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.