Verfilming van die gewilde SABC 2-sepie, 7de Laan, het Donderdag hervat kort nadat produksie vroeër vandeesweek gestaak is weens die openbare uitsaaier se versuim om betalings betyds aan Danie Odendaal Produksies te maak.
Kaylene Bessit, woordvoerder van die sepie, het dié jongste verwikkeling aan Maroela Media bevestig en gesê dat die produksiespan tussenin die nodige geld ontvang om die oorblywende 45 episodes wat nog verfilm moet word, teen 30 Oktober af te handel.
Die reeks sal dus ná 23 jaar en 24 seisoene op 26 Desember finaal tot ʼn einde kom.
Maroela Media het vroeër berig dat 7de Laan-akteurs en personeel op 3 September ter elfder ure met ʼn brief in kennis gestel is dat hulle van 4 September af “tot verdere kennisgewing” nie weer na die stel van dié sepie hoef terug te keer nie.
Volgens Bessit is dié brief deur ʼn anonieme personeellid die wêreld ingestuur “sonder konteks”. Sy sê dat aantygings wat op sosiale media gemaak is dat verfilming geheel en al gestaak is en die sepie gevolglik na 23 jaar stomp sou eindig, dus misleidend was.
Bessit meen daar was nooit twyfel dat produksie so spoedig as moontlik sou hervat nie en dat daar deurlopende gesprekke en mediasie tussen Danie Odendaal Produksies en die SAUK was om ʼn middeweg te vind.
“Ek dink veral die feit dat die brief wat Sondag uitgestuur is ‘tot verdere kennisgewing’ gesê het, het almal laat skrik. Daar is egter kontraktuele verpligtinge wat tussen die SAUK en Danie Odendaal Produksies nagekom moet word en dit is vir almal belangrik om die betrokke partye se verwagtinge te bestuur.”
Sy sê kykers kan ʼn kollektiewe sug van verligting slaak dat dié geliefde program, wat teen Junie vanjaar steeds sowat 1,19 miljoen kykers gehad het, sy verdiende afsluiting sal hê.
“Ons is almal baie gelukkig en verlig, veral ná die onsekerheid wat die afgelope ruk oor die produksie oorheers het.”
Ai dit voel of ek my hele familie gaan verloor 26 Desember 2023. ????
Je erken ten monste dat jy nog 7de Lan kyk. Die meeste skynheiliges ontken dit. ook dat hulle nooit by Spur kom nie (Dan pryk die foto op die koerenat se voorblad) of dat hulle hulle skottel lankal opgekap het saam met steve.
Hou dalk die party geld en gaan terug skool toe.
Did the evil words hurt you?
Ag nee wie is nou so dom?
Of aspris ……..
Kon iemand nie die kameras weg gesteek het nie?
Ek sien elke dag uit na 7de laan, as beurtkrag daar n stokkie voorsteek kyk ek dit die volgende dag 11uur, anders Sondag middag. Maar mis dit nooit. Stem saam met Hermina, voel ook vir my soos familie.
Hierdie is nou tipies een van daai gevalle waar ek maar liewer niks sal sê nie. Ek rol wel my oë
Ok, terug met my na die motorhuis waar ek my maar weer besig sal hou terwyl mamma die gemors kyk. Dalk ‘n goeie tyd om my gereedskap te sorteer.
Ai dit is goeie nuus ek is bly vir al daai spelers ek n gereelde kyker vir 7 de laan pragtig
Ai dis so hartseer – voel regtig soos familie , soos Hermina se.